Skokkende beeldmateriaal van stiefpa wat kind verdrink

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is skokkend van aard en sensitiewe kykers en kinders word ontmoedig om daarna te kyk.

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat kringtelevisiebeeldmateriaal aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn driejarige herhaaldelik in ʼn swembad gegooi word totdat sy ophou asemhaal.

Volgens ʼn plaaslike nuuskanaal in Mexiko, Proceso, het die polisie gesê dit is die kind se stiefpa wat haar herhaaldelik in die swembad by ʼn hotel gooi.

In die ontstellende beeldmateriaal kan mens sien hoe die kleuter probeer bo bly.

Sy is op 12 Augustus in Morelia oorlede. ʼn Outopsie het getoon sy is aan sekondêre verdrinking oorlede.

Volgens die polisie het die man, sy minnares en haar dogter by die gewilde hotel tuisgegaan. Die meisie se ma het gaan slaap en die stiefpa het die kind na die gemeenskaplike swembad geneem waar hy haar in die swembad gooi, uithaal en weer teruggooi. Haar pogings om bo te bly is elke keer swakker.

Sy het later ophou asemhaal en sy is na ʼn hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.

Die man staan tereg op aanklag van moord.
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is skokkend van aard en sensitiewe kykers en kinders word ontmoedig om daarna te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Cindy ·

Ek is te bang om die video te kyk! Daai man moet sommer in die middel van die see gegooi word.

esteenkamp ·

Ek wil ook eerder nie kyk nie. Dis ontstellend net om die storie te lees!!

candice ·

Ek wil glad nie eers die video kyk nie. My gedagtes presies! Jy het die woorde so uit my mond uit gehaal. My hart is verskriklik seer hieroor… bitter seer! Ons weet sy is in die arms van Ons Hemelse Vader en sy sal geen meer pyn hê nie. So so hartseer..

Jacques ·

Crazy man!Wat gaan aan met sekere mense! ! ! Grootmens tussen kinders en ñ kind tussen grootmense. ‘Sal like om hom só in ñ SHARK – tank te smyt!

Pierre ·

En hoekom presies sit Maroela so ‘n aaklige video hierop? Dit het in Mexico gebeur, ek kan nie sien hoe dit enigsens relevant is op SA nie. Wil enigiemand rerig ‘n video kyk van hoe ‘n kind verdrink word? Wat is volgende – gaan julle wys hoe oumense op hulle plaas vermoor word?
Wat presies probeer julle bereik deur hierdie video hier te plaas? Is hierdie nou die Afrikaanse weergawe van Die Sun?

Tania ·

Ek weier om sulke video’s te kyk… Brutale moord van ‘n hulpelose kind vasgelê op kamera sal by my en vele van die mensdom spook….. Pierre ek stem 100 persent saam, dis onnodige slegte nuus wat absoluut NIKS met ons in SA te doen het nie.
Maroela het die vir sensasie geplaas en dis uitsluitlik euwel. Kom aan Maroela ons verwag meer van julle, goeie joernalistiek tel meer as stories wat geplaas word om sensasie op te wek.

Gerhard ·

O mensdom. Ek wou sê dit gaan my verstand ook te bowe. Jammer vir daardie vingerfoute. Party mense word wakker en staan op, ander staan net op! Ek val seker in laasgenoemde kategorie vanoggend!

George ·

Dit bly nog steeds jou keuse of jy dit wil lees of nie. Dit help ook nie om soos ‘n volstruis te wil leef nie, deur dit nie te sien ook glo dit gebeur nie. Maroela maak ons maar net bewus van hoe siek die wêreld is waarin ons leef. Hierdie tipe nuusberigte maak my net eenvoudig meer en meer uitsien na Jesus se wederkoms. Dit laat my ook besef die tyd is min.

Carol ·

Ek stem helemal saam met jou. Ek weier om so iets te kyk, dis aaklig dat so iets aan die publiek blootgestel word in die eerste plek.

Jakoba ·

Carol of jy dit nou will weet of nie, dit gebeur elke dag. Kinders word vermoor deur ouers of stiefours, opPssers ens. Dit maak jou net weer bewus om nie mense na aan jou te vertrou met jou kinders nie. Die vrou het die man vertrou want voor haar was hy dalk baie liefdevol met die kind en toe hy sy kans kry vermoor hy die ou kleintjie, gruwelike video.

Leeutjie ·

Pierre ek stem 100%. Ek is so ontsteld op hierdie Vrydagoggend en naar! Asb Maroela…haal dit af!!! Dit is absoluut grusaam!

Magriet ·

O liewe Vader hoe kan julle dit plaas!!!!! Maroela Media julle is totaal pervers!!!!

Gideon ·

Dankie Maroela, dat julle nie wegskram vir nuus nie, of dit nou hier is of in die buiteland gebeur. Ek wonder net wat sal gebeur as mense in die buiteland sê hulle wil nie van die plaasaanvalle in SA lees nie, want dit gebeur nie by hulle nie, sodit is te onstellend om te lees!! Om oogklappe aan te sit is nie die oplossing!!

Annemarie ·

Ek stem nie heeltemal saam met jou nie. As ek die artikels lees maak dit my so ontsettend hartseer want ek wil elke kind red wat so mishandel, vermoor, verkrag ens word…. mense longelukkig kan ons nie. Daar waord daagliks artikels geplaas van kinders wat mishandel word, ouers wat gevang word, wat tronkstraf kry… Keer dit ander ouers om te stop om hul kinders te mishandel? NEE! Ek wens ek kan ‘n beroep op ouers doen wat hul kinders seermaak of wil seermaak om die welsyn te kontak om eerder die kindertjies weg te neem na ‘n plek van veiligheid.

Om sulke artikels te plaas is nie konstruktief nie. Wat kon enigeen van ons moontlik doen om dit te keer???? Bewusmaking se gat, die mense wat die dade pleeg lees nie koerant of luister nuus nie, want HUL GEEN NIE OM NIE. Dit is ons, wat omgee wat dit lees en wie ontstel word. Die polisie moet hul werk doen, die mense in die tronk gooi sodat die inmates hulle kan uitsorteer.

PUNT.

Pierre ·

Daar is ‘n plek vir alles.
Daar is oorgenoeg websites op die internet waar jy kan gaan kyk na allerande siek goed wat met kinders aangevang word.

Ek het aanvanklik gedink hierdie is nie een van daardie websites nie.

Maroela Nuus se doelstellings is:
“Om hoe gehalte nuus te lewer”
“Maroela Media funksioneer in ‘n Christelike raamwerk”
“…beoefen joernalistiek gebaseer op sterk etiese beginsels”

Hoe presies voldoen hierdie sensasie-artikel aan daardie riglyne?

Nicolien ·

Dis verskriklik…dis onmenslik en ek het self so klein dogtertjie en ekt n naar hol kol op my maag en ek het net begin kyk.Maar vir die gene wat nie saam stem met maroela media wat geplaas het nie wil ek net se julle moet wakker word.Ek sou se dis goed dat jul dit plaas ons lewe in n baie siek wereld nie net land en mens noem dit bewus making.Jy kan jou kind saam niemand vertrou nie eers n man waarvoor jy dalk lief is nie.Dis baie hartseer rus sag kleine mensie.

Rens ·

Ek sal daai man met my kaal hande wurg!!! Hoe kan jy dit aan n kind doen. My hart is nou so seer!!

Odette ·

Dit is verskriklik wat aan hierdie klein ou mensie gedoen is. Ek kan nie glo dat NIEMAND regtig gesien het wat aangaan en ingegryp het nie. Een troos sy is nou pyn vry en sit by God en sal vir altyd kan lag en speel. Hierdie ding sal mee afgereken word – dis verseker

michelle ·

Ek voel naar nou. Voel of iemand myhart uitgeruk het. Arme klein mensie. Nee ek kan dit nie vat nie!!!!

HEVW ·

Maroela julle moet regtig meer sensitief oor hierdie dinge wees. Ons het meer as genoeg van ons eie grudade. Ons wil nie nog met die sielsiekheid van die buitewereld gekonvronteer word nie, en dit net terwille van sensasie nie. Die buiteland sien nie hoe plaasmoorde gepleeg word nie, hul lees net daarvan. Ons verwag ook sekerlik nie dat hul dit in hul huise sien en beleef nie. Selfs die verdierliking van die mens het n breinspoelingsefek en ons wil nie daaraan bloodgestel word nie.

Gerhard Venter ·

Dis swak van Maroela media om so iets hier vir vermaakwaarde te plaas. Dis ligsinnigheid.

PIXIE ·

Gerhard dit is nie veronderstel om vermaakwaarde te wees nie, dit is SKOKKEND en dit wys jou net waartoe mans in staat is wanneer dinge skeef loop by die huis met sy vrou / vriendin.. Nou wonder julle waarom ek 30 jaar alleenlopend is?

SNEL ·

Maroela het geen fout gemaak om die berig te plaas nie. Ons het die keuse uit die opskrif of ons dit wil lees of nie, ons het ook die keuse om die video te kyk of nie. As mens nie wil lees wat in die land en wêreld aangaan nie, moet mens nie koerante lees nie. Ek wil nie n tonnel visie hê nie, ek wil weet wat oral aangaan en gebeur. Dankie Maroela vir n GRATIS koerant, wat nuus van oral oor aan ons bring.

Ek gaan eerder nie die video kyk nie, dit sal my ontstel vir weke, die berig is klaar skokkend. Dan dink ek hoe moet die ma voel, sy het hom vertrou met haar kind en haar arme kindjie was magteloos teen die monster. Mens kan maar net bid vir die ma deur die tyd. Wys jou, siek mense is oral en mens sien hulle nie eers raak nie, want hulle lyk soos n gewone ou. Goeiste, die man het nie n druppel van simpatie, omgee of liefde in sy hart nie, vrot vrot vrot. Wonder of die doodstraf in is, daar waar hy is. Dit sal goed wees as dit is.

Deon ·

Ek stem saam SNEL. Die opskrif se duidelik dat dit nie vir sensitiewe kykers is nie. So mense as jy sensitief is vir sulke goed,…. hier kom dit nou…….MOENIE click op die berig nie. Eenvoudig of hoe ?

Shannon ·

Jy weet, Maroela is vreeslik vinnig om kommentaar te verwyder sodra dit nie inval by hulle smaak nie. Maar hierdie banale daad is in die haak ??!! Solank ons net `n “waarskuwing” rig ?

Nadine ·

Hy gooi daai arme lyfie asof hy/sy n pop is. Ek kan net imagine watse vrees daardie lyfie moes dink/voel elke liewe keer as hy/sy in die lug in getrek is en dan nog in die water in beland om liters water te sluk met die verligting die eerste keer om hom te sien om hom/haar te help en dan te besef hy kom hom/haar net weer onder die water druk.. Daardie man is n saddis..ek glo sy haat vir daai engel kind moes wel op een of ander manier opgetel kon word, daardie mamma moes dit kon “sense” ek hoop vir haar part hy was n fantastiese akteur want as ek sy was en ek sien die video met die wete dat iets nie pluis was nie sou ek myself iets aangedoen het..

neelsie ·

Hoop doodstraf bestaan waar die moord plaasgevind het.
Sou self met daardie moordenaar wou afreken.
(Glo nie julle sou daardie video wou sien nie.!!)

Peet J ·

Die daad wat hy pleeg is afskuwelik ek sal hom nie vloek nie want hy kan dit nie hoor nie kyk ook wat gebeur in China met pasgebore kinders
en moet ook nie ons eie land buite rekening laat nie van ons mense is maar net so skuldig.

stella ·

Eerstens, shocking!!! Ek sal nie huiwer om daai man dood te maak nie. Maar nie dadelik nie… Hy gaan eers bietjie moet suffer… Hom brand, sy privaatheid afsny. Sal ook nie die video kyk nie. Wat het hy gedink? ugh… word naar.
Tweedens, dis wereld nuus so dis nie net maroela media wat dit opsit nie mense maar ek stem 100% saam dat dit deesdae net te maklik is om enige video te post wat mense ontstel. Soos die onthoofde videos van die joernaliste, en die joernaliste wat dood geskiet is. Daar is te veel wreedheid in die wereld, hoekom ontstellende videos aan die publiek beskikbaar maak. Tieners het ook toegang tot die internet… Skrikwekkend. Die kleintjie is wreed dood gemaak maar op n baie beter plek.

Yvon ·

Sy is nou op ‘n beter plek, by ‘n “Pappa” wat net liefhet….

Daniel McGeer ·

Ek het nou net my Facebook rekening ingestel om minder van Maroelamedia te sien.

Michelle de Wet ·

Ek sal nog steeds Maroelamedia lees. Hulle hou ons GRATIS op hoogte van wat aangaan in ons land en in die wêreld. Wat van al die plaasmoorde. Gaan julle wegskram van dit ook? Ek sal nie die video kyk nie. Kan nie glo hoe wreed mense kan wees teenoor sulke klein onskuldige kindertjies nie. Laat mens wonder hoeveel ander kindertjies daar is wat ook deur onmenslike omstandighede moet gaan.

Mariana ·

Haal eerder video af asb. Dis skokkend! Iemand moes tog gesien het wat hy doen en hulle self het niks daaraan gedoen nie!

Treurgrond ·

Maroela Nuus – dis net so skokkend so so skokkend, my hart breek vir daai kind, en vir die mamma, maar waar was die mamma? ek ken nie eens die man nie – ek sal hom ook sommer net wil vermoor – henetjie toggie tog. Hoe leef ‘n mamma na die tyd met haarself, ek sou myself nooit ooit kon vergewe het nie. Liewe Jesus U kyk nou agter haar Pappa. Soen haar vir my part Jesus.

Sue ·

Wat is die doel van kring TV by ‘n swembad as niemand daarop reageer nie?

Lizl ·

Pierre, dit is skokkend . Dink as hulle beeldmateriaal van `n plaas moord plaas gaan dit n bohaai veroorsaak , en hopelik almal wat dit ontken en kop voor wegdraai dalk wakker maak

Sanet ·

Toemaar kleine mensie. Jy is nou veilig in ons Here se arms. Niks sal jou ooit weer seermaak nie.

Daardie stiefpa sal eendag verantwoording moet doen voor ons Heer. Ek hoop hy brand in die hel.

Die arme mamma. Waar was sy op daardie stadium?

Ek wil ook weet waarom is daar kameras as niemand die arme kleintjie gehelp het nie. Ek is in trane tans oor die video.

pop ·

Ek se gisteraand vir my ou beste dat ons deesdae al meer oorsee nuus moet sit ek kyk. Wat is dit wat bereik moet word. Moet die plaaslike bevolking sien hoe woes dit op ander plekke gaan of wat. Ons huisgesin noem dit k sielkunde. Ons val nie daarvoor nie. Maar ons gruwelike moorde word nooit genoem op TV nie. Hoekom nie? Ek verneem dis verbied, daar mag slegs 10 % slegte nuus gewys word. Wil maroela ons ook nou kondisioeneer met die aaklige video van iets wat niemand wil sien nie. Ek sal dit nie kyk nie, want net die foto van die ding maak my naar. Asb maroela!!!!

Jakes ·

Ek gaan nie die video kyk nie, ek is reeds te ontsteld oor die berig.

Maar vir almal wat vir Maroela oor die kole haal oor hulle dit plaas: Wat maak jy dan op ‘n nuusblad, as jy nie wêreldnuus wil sien nie?

Sanet ·

Ek wil dit beslis nie sien nie. Die berig is hartseer genoeg. Ek wil ook eerder versoek dat Maroela die video sal afhaal in respek vir die klein dogtertjie.

Hannie de Waal ·

Aan alle klaers, oor die video gepubliseer is op Maroela: daar IS ‘n waarskuwing voor jy dit kyk!
Ek wonder net wat daardie “pappa” NOG ALLES met die arme kind aangevang het, waar daar NIE kameras was nie!!!

Beverley ·

Hoekom het di mense wat die video gemaak het nie gaan help of iemand gebel nie maak ni saak waar in die wereld dit is nie dit is siek

Susan Lombaard ·

Dagsê Maroela-lesers! Ons neem kennis van al die kommentaar en standpunte oor die publiseer van hierdie video al dan nie. Die redaksie is dit eens dat hierdie storie die aandag van die media verdien. Die geweldige reaksie wat dit ontlok, is juis ‘n teken daarvan dat mense die voorval as nuuswaardig beskou. Die rol van die media is om ‘n spieëlbeeld te wees van die samelewing, en as die prentjie in hierdie spieëlbeeld ‘n ontstellende en siek een is, is dit ‘n akkurate uitbeelding van ‘n segment van die samelewing. Gelukkig is daar ook die goeie stories waaroor berig word, wat weer die ander kant van die prentjie skets. Maroela Media het inderdaad op twee plekke in die artikel ‘n waarskuwing aan lesers gerig om nie die video te kyk indien dit hulle gaan ontstel nie. Indien ‘n leser dit dus kyk en ontsteld is daardeur, was dit sy/haar eie keuse. Ons sal nooit iets ontstellend publiseer wat aan lesers opgedring word sonder dat hulle ‘n keuse het om dit te lees of daarna te kyk nie – sulke ontstellende beeldmateriaal word altyd deur ‘n waarskuwing vergesel. Maroela Media volstaan met ons besluit om hierdie video te publiseer. Ons hoop dat die publiseer van stories oor voorvalle soos hierdie mense bewus sal maak van die nodigheid om verantwoordelikheid te neem vir die veiligheid van hul geliefdes, sover dit binne hul vermoë is. Groetnis, Susan Lombaard (uitvoerende hoof: Maroela Media)

Magriet ·

Ek dink ek moet eerder dan n ander medium kry waar ek kan nuus lees. Adieu

snotvis ·

Jeesh……. Dis wreed,dit gebeur oral, just remember the wrath belongs to God. Rather pray that God will protect our children and our families….pleit die bloed van Jesus oor joi familie en gesin elke dag. Die gety sal draai as ons weer God op die troon sit.

Marius ·

hy moet die doodstraf kry ,of gee hom vir my ek sal dit dieselfde met hom doen die idioot

Erna ·

Dit is vreeslik dat niemand daai klein dogtertjie gehelp het nie. Maar alles word altyd onder die mat ingevee. Ek weet dit was oorsee maar dinge wat hier gebeur in SA is party keer net so erg of erger en ons moet bewus gemaak word van dinge wat in ons land aangaan. Dankie

Philip ·

Ek stem 100% saam, maar ja ‘agenda-setting theory in practice’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.