Skolier dagvaar skool oor dra van gesigsmaskers

Argieffoto (Foto: Alexandra_Koch/Pixabay)

ʼn 12-jarige meisie van Engeland dagvaar haar skool vir ʼn beleid dat skoliere gesigmaskers moet dra terwyl hulle in die gebou is.

Sy voer aan die beleid “hou ʼn risiko in van ernstige skade vir kinders” wat betref hul geestelike en fisiese gesondheid, berig die Daily Mail. Die Tapton Academy School Trust, wat skole in Sheffield bestuur, het gesê hy “moedig leerlinge aan om maskers te dra, in lyn met regeringsbeleid”.

Die Trust het gesê sedert die einde van Augustus 2020 het 120 personeellede in die skool Covid-19 opgedoen – dit is meer as 10% van alle personeellede.

Francis Hoar, wat die meisie, wat slegs as AB geïdentifiseer is, verteenwoordig, het aan die hof gesê die skoliere dagvaar die skool vir die “skade” wat hulle kan opdoen deur die dra van ʼn masker. “As die Trust sy werk behoorlik gedoen het, sou hy bewyse ingesamel het en ʼn siening bereik het oor die doeltreffendheid van die betrokke maatreël, maar hy het dit nie gedoen nie. Daar is byna geen bewyse van die doeltreffendheid van dié toestelle wat gebruik kan word om die risiko van ʼn virus-infeksie te verhoed nie,” het Hoar beweer.

Sy erken dat die maskers nie by die skool vereis word nie, maar het gesê: “Die Trust sê die maskers is nie verpligtend nie, dit word ‘aangemoedig’.”

Ben Bentley, wat die skooltrust verteenwoordig, het gesê die beleid is om aan te moedig en nie om skoliere te dwing om maskers by die skool te dra nie. “Van die 1 000 personeellede van die algehele trust het 120, of meer as 10%, sedert 31 Augusuts 2020 Covid-19 opgedoen. Hy voer aan die Trust het die risiko-assessering “baie behoorlik” gedoen en wil skoliere aanmoedig om maskers te dra om te voorkom dat Covid-19 na die breër gemeenskap versprei.

Bentley sê as leerlinge nie meer aangemoedig word om maskers te dra nie, kan dit tot verdere regstappe lei van skoliere en ouers wat dink dat hulle maskers by die skool moet dra.

Navorsing by die Universiteit van Cambridge het bepaal dat die dra van ʼn gesigmasker beduidend die risiko vir oordrag verlaag, en dit is ook die maklikste en eenvoudigste ding wat meeste mense kan doen.

Dr. Renata Retkute, ʼn navorser aan die Cambridge-universiteit, mede-outeur van die studie, het gesê regter Roger Tar Har het die saak uitgestel. Hy sal in ʼn latere stadium ʼn besluit neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ferryman ·

Sjirurge dra amper heeldag maskers terwyl hulle met operasies besig is. Dit is vir ons eie gesondheid dat ons maskers dra en ek glo nie daar sal enige skade wees om maskers te dra nie.

Irma ·

Nee Ferryman, ek stem nie saam nie. Dit is uiters nadelig vir veral Asmalyers om maskers te dra.
Ek dra net ‘n masker wanneer ek in my werksplek instap, maar wanneer ek in my kantoor instap pluk ek die masker af want dit voel vir my of ek wil versmoor.

Boerkind ·

Geen bewyse dat maskers eintlik gewerk het nie… of hoe lyk dit in die townships?? Die teendeel is waar – maskers benadeel gesonde asemhaling!

Jan ·

Wel gedaan AB, dis hoog tyd dat die wêreld wakker skrik en die beheerveldtog wat aan die gang is teëstaan. Die beskikbare data toon duidelik dat daar geen meetbare voordeel aan die dra van maskers verbonde is nie.

Janine ·

Ek pes maskers dra. As ‘n roker, voel dit vinnig asof ek gaan versmoor. MAAR! As middeljarige verkies ek om nie siek te word nie, so mens dra maar jou masker! Kinders word nie so siek nie, so sy kan regtigwaar maar haar masker dra.

SwartBees ·

@JAN @FEDUP
Mog julle asseblief nie covid in die gesig staar nie!!!! Word wakker. Dis geen grap.

Fedup ·

You go girl. So awesome to see that kids won’t fall for this kind of nonsense.
Just like the school in Arizona.
Warms my heart that people are waking up from this nightmare.
A bit slow, but we will get there, eventually.

Fedup ·

Yes, gehasie. We really need to wake up and very fast at that.

Barney ·

Van waar gehasie? Een van die redes hoekom SA se infeksie koers so laag is in vergelyking met die res van die wêreld is omdat die dra van maskers verplig word terwyl die res van die wêreld meer besorg is oor menseregte. Wees eerder bly daaroor. Daar is talle navorsing wat die voordeel bewys, maar soos alles sien mens net wat jy wil sien

Mallie ·

Dis vandat kinders meer se het en minder dissipline het wat die wereld in die situasie is waarin dit vandag is. Dit is nie meer gehoorsame kinders nie maar gehoorsame ouers. Wat die kind se is wet.

gehasie ·

Maggie – verkeerd dit is kudde immuniteit asook hoë Vit D inname….. lees gerus meer daaroor.

Daleen ·

Almal het hulle eie opinies. Wens dat die eksperiment gedoen kon word dat groep mense wel sonder maskers kon loop en dan te weet of hulle meer blootgestel is aan virus of nie. Maar op die stadium het ons net een keuse dra maskers en klaar. Maar soos elke keuse op aarde is daar die vir en die teen.

Janine ·

Hou jy maar jou gesiggie toe ter wille van ons ouer mense wat wel kan aansteek. Jou immuunstelsel is verseker sterker as ons s’n.

Elize ·

Spoilt brats! Ek verwelkom maskers. My gesin word dan nie blootgestel aan ander se kieme nie, hetsy dit slegs ‘n verkoue of wat oookal. Hierdie laaste jaar het niemand in my huis siek geword nie. In die verlede gaan jy dr toe vir verkoue of griep en almal sit en hoes en spoeg in die spreekkamer en dra hulle kieme na jou toe oor. Nou kan die persoon hoes en nies in sy eie masker.

Annelize ·

As dit jou dan nie welgeval nie kleine dogtertjie, bly dan by die huis.

Wim ·

Wel ek is nou nie ‘n prokereur nie maar ek is seker sy kan haar aanklagte bewys meer so as wat hulle die teendeel kan bewys.

ES ·

Wim, jy is reg – en die wetgewing in die VK is nie soos wat dit hier is nie. Die VK het net Engelse reg (Common Law) en nie ‘n gekodeerde regsstelsel soos Suid Afrika nie.

Die nadeel met so ‘n stelsel is natuurlik dat die hof hul besluite kan maak gebaseer op wette sonder dat die wette bevraagteken mag word of verander kan word.

Dit is hoekom baie van die ou, verregaande Engelse wette nou nog staande is en glad nie uitgedaag kan word nie.

ES ·

Ek het laas jaar, vir die eerste keer in baie jare, nie griep of verkoue gekry nie. Ek het OCD, so ek was en saniteer my hande al vir baie jare 100 keer per dag, so dit kan nie die rede wees dat ek vir die eerste keer nie siek geword het nie.

Ek kan dit dan net toeskryf aan die masker-dra. Want ek was vanaf die begin van die afsonderingstydperk ‘n essensiele werker en het met net soveel mense in aanraking gekom soos voor COVID sonder dat ek dit self gekry het.

So hoe nou met jul “statistieke” dat maskers nie ‘n verskil maak nie?

Robert ·

Hande was het meer te doen met die bekamping van enige siekte as maskers. Ironies genoeg word enige virus eintlik deur die vryf van ons oë met besmette hande oorgedra.

Gert ·

Nog ‘n slim meisie wat te groot vir haar skoene is. Sy is seker bang die kêrels gaan haar vergeet as haar gesiggie toe is

Misky ·

Ander ouers kan net sowel haar dagvaar (of indirek seker die betrokke skool) as sy nie haar masker wil dra nie

Anel ·

Wel, ek dink sy doen die regte ding. Madkers is bose goed. Ons hele gedin het sinusprobleme ontwikkel. Dis geen grap om amper permanent medikasie te drink vir sinushoofpyn nie. Ek dra die skerm, en si min as moontlik. Na10min het ek heeldag sinus een hoofpyn. So hoe is die masker ‘n goeie ding? En ja, ek is oor 60.

Opdekopje ·

Daar is meer voordele as nadele om ‘n masker (en selfs beter te ” double mask”) te dra om te verhoed om deur COVID19 as gesteek te word.Kyk byvoorbeeld wat vier weke gelede in Indië gebeur het by geloofs seremonies in die Ganges Rivier. Mense was aangemoedig om deel te neem en sonder maskers te wees. Vandag sien die hele wêreld die skrikwekkende gevolge . Delhi word vergelyk met “Dante’s Inferno”. Geen individuale opinie/ besluit het die reg om inspraak te maak op die gesondheid en risiko van infeksie van etlike andere. Het self COVID19 opgedoen in die hoogs erge graad en by die dood omgedraai. Dra daai masker, word ingeënt sodra mens nou kan. Sal nie die ding op my ergste vyand wens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.