Skolier geskors oor dié prentjies

Emoji-simbole op 'n slimfoon

Emoji-simbole op ‘n slimfoon

ʼn 12-jarige van Virginia in die VSA is onlangs geskors toe sy glo haar skool op sosiale media met emoji-prentjies gedreig het.

Emoji-simbole word veral op mobiele toestelle gebruik om woorde te vervang.

Volgens die Washington Post het die meisie, van ʼn skool in Fairfax, die Instagram-boodskap in Desember opgelaai. Die woorde “doodmaak” en “kry my Dinsdag in die biblioteek” word vergesel deur ʼn bom, ʼn vuurwapen en ʼn mes.

Volgens die lasbrief het die meisie erken sy het die boodskap onder ʼn ander skolier se naam gelaai. Sy staan tereg op aanklag dat sy die skool gedreig het en teistering.

Volgens die meisie se ma het sy die boodskappe opgelaai nadat sy by die skool geboelie is. Haar ma het gesê sy is “ʼn goeie kind” wat “nog nooit in die moeilikheid was nie”. Volgens haar moes haar kind nie aangekla word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris W ·

Ek stem saam – die MA moes aangekla word dat haar kind toelaat om met slimfone te speel op so ‘n jeugdige ouderdom.Daar hoort ‘n wet te wees wat kinders onder ‘n sekere ouderdom verbied om selfone met internet toegang en slimfone te mag hanteer sonder die ouer se direkte toesig.Dis ‘n onding!

EMK ·

Die SKOOL gedreig? AG nee regtig. Ek sê nie wat sy gedoen het is reg maar ‘n kind wat geboelie word raak so raadop en wil net uitgelos word, so ek verstana hoekom sy dit gedoen het. Arme kind, nou word sy geskors en die boelies loop los rond. Hoe is dit regverdig?

Maria van Dieweek ·

Ek stem passievol met jou saam Chris, ouers besef nie hoe nadelig dit is om jong kinders bloot te stel aan die gemors daar buite nie! Beinvloed liewer self jou kind met tyd en aandag, gaan kyk saam na interessante, opbouende goed op die internet. koop vir die kind net n R99 foon sodat hy of sy kan bel indien nodig! Dink mooi asseblief!

pop ·

Daai ma en kind is seker jammer hulle woon nie hier nie. Hier kan grootmens studente lesingsale afbrand en rassistiese goed op mure skryf. Dan praat ons nie eers van groot man wat n meisie met n baksteen slaan nie. En wat kom hulle oor. NIKS> Dis reg tannie. NIKS

seNet ·

Daar is nie ‘n manier wat ouers kan keer dat kinders met slimfone of toestelle kan “soeel”nie. Alle skole fasseer nou tablets in. Trek my keel toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.