Skoolskieter ‘jammer’ ná hy 17 moor

Nikolas Cruz het vandeesweek in die hof verskyn. (Foto: POOL/Getty images/AFP)

ʼn Voormalige leerder van ʼn hoërskool in die Amerikaanse deelstaat Florida het skuldig gepleit nadat hy in 2018 altesaam 17 leerders en personeel doodgeskiet het.

Nikolas Cruz, wat 19 jaar oud was ten tyde van die voorval, het ook die familielede van die slagoffers om verskoning gevra.

Maroela Media het vroeër berig dat Cruz op Valentynsdag met ʼn semi-outomatiese geweer in die gange van sy vorige skool, die Marjory Stoneman Douglas-hoërskool, losgebrand het.

Cruz het vandeesweek skuld in ʼn hof in Fort Lauderdale beken op 17 aanklagte van moord en 17 aanklagte van poging tot moord.

Die 23-jarige Cruz sal volgende jaar voor ʼn jurie verskyn vir sy vonnisoplegging. ʼn Minimum van lewenslange tronkstraf sonder kans vir parool staar hom nou in die gesig. Luidens berigte sal die staat egter die doodstraf eis.

Nadat Cruz skuld beken het, het hy die families van sy slagoffers toegespreek.

“Ek is baie jammer vir wat ek gedoen het, en ek moet elke dag daarmee saamleef,” het hy gesê.

“Daardie dag gee my nagmerries. As ek nou ʼn tweede kans kry, sal ek voorts alles in my vermoë doen om ander mense te help.”

Cruz, wat vanaf ʼn voorbereide verklaring gelees het, het gesê hy glo dit is ook die families se reg om te besluit of hy tronk toe gaan of ter dood veroordeel word.

(Foto: POOL/Getty images/AFP)

Die voorval is destyds as een van die dodelikste skoolskieterye bestempel en het grootskaalse optogte veroorsaak, waartydens betogers gevra het vir strenger vuurwapenwette.

Cruz het in 2018 die wapen wettig aangekoop, ondanks die feit dat hy ʼn geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme het.

Dit was ook alombekend dat Cruz weens dissiplinêre redes uit die skool geskors is, en dat hy geïdentifiseer is as ʼn moontlike bedreiging vir sy klasmaats.

Die FBI het ná die skietery bevestig dat hy maande vantevore in kennis gestel is van ʼn boodskap op YouTube waarin Cruz belowe hy “gaan ʼn professionele skoolskieter wees”.

Op die dag van die aanval het Cruz in ʼn Uber by die skool aangekom en leerders en personeel voor die voet doodgeskiet. Hy het nege minute later van die toneel gevlug en is kort daarna in hegtenis geneem.

Beeldmateriaal wat op sy selfoon gevind is, wys dat hy lank reeds beplan het om sy voormalige skool aan te val en dat sy doel was om minstens 20 mense dood te skiet.

Cruz het ná sy inhegtenisneming aan ʼn speurder gesê dat hy demone gehoor het wat hom beveel het om “wapens te koop en alles te vernietig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

kapteinr ·

Dis makliker om ‘n wapen in die VSA te koop as drank tydens inperking in SA …

VaalDonkie ·

Nee dit is nie. Jy ondergaan dieselfde ondersoeke as hier in Suid-Afrika. Dit neem net nie drie maande nie, maar ‘n paar minute.

Martie Smartie ·

Wys jou net, selfs die FBI is onbevoeg. Dis nie net hier in SA nie …

Barney ·

Dis te maklik om ‘n wapen te besit. Elke keer is hulle geskok as daar nog ‘n skietery is, maar hulle leer nie.

Janine ·

Werklik? Dis geensins maklik in hierdie hool om ‘n lisensie te kry nie.

Cherokee ·

Moenie jaloers wees op eienaars van vuurwapens. Koop self een.

Belinda ·

Whatever boetie, jy het gedink jy is “the man”toe jy op onskuldige mense losgebrand het met n geweer.
Dink seker omdat hy jammer se en vertel dat sy gewete hom opvreet, mense hom sal jammer kry.
Hoop hy kry die doodstraf. 17 mense se lewens onskuldig verloor deur sy mallegheid.

AW ·

Wees nou maar groot en neem onvooreaardelik verantwoordelikheid .

Sarel ·

Jammer????
Dit kon verhoed gewees het induen hy eerdrr hulp gekry hey

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.