Skotte sal vroeg weet oor onafhanklikheid

Foto: David Cheskin/PA Archive/Press Association Images

Foto: David Cheskin/PA Archive/Press Association Images

Teen die tyd wat die Skotte môreoggend hul tradisionele ontbyt van ’n worsie, spek, boontjies en swart poeding aanmekaar slaan, behoort hulle reeds te weet of hulle onafhanklik word of nie.

Die finale uitslag word tussen 06:30 en 07:30 Skotse tyd môreoggend verwag.

Omdat die uitslag na welke kant toe baie naelskraap behoort te wees, sal daar waarskynlik nie deur die nag met veiligheid ’n uitslag voorspel kan word nie. Sekere afleidings sal wel gemaak kan word omdat sommige gebiede, waarvan die uitslae veel vroeër verwag word,  as pro-onafhanklikheid, en ander as pro-afhanklikheid beskou word. Blyk dit met die bekendmaking van hierdie uitslae dat die kiesers beduidend anders gestem het as wat verwag is, sal afleidings oor ‘n finale uitslag gemaak kan word.

Stembusse word met amper enige denkbare vervoermiddel na die telpunte gebring – van bote en helikopters van ylbevolkte eilande, tot motors.

Klik hier om ‘n volledige uiteensetting in The Telegraph te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.