Volgens die jongste uitslae het 55,42% “nee” gestem teenoor 44,58% “ja”-stemme. Volgens berigte is 31 van die 32 plaaslike areas se stemme reeds getel.
ʼn Byna voltal van 97% van Skotland se potensiële kiesers het geregistreer om in die referendum te stem.
Skotland het in 1707 saam met Engeland, Wallis en Noord-Ierland die Verenigde Koninkryk gevorm.
David Cameron, Britse premier, het intussen ʼn beroep gedoen vir eenheid. “Dit is nou die tyd vir ons Verenigde Koninkryk om bymekaar te kom en vorentoe te beweeg.”
Lees ook:
Nuuskommentaar: Word die “green, green hills o’ home” weer werklik?
Nuuskommentaar: Die Afrikaner, minderhede en Skotse referendum