Skutter by Joodse sentrum in VSA voormalige Ku Klux Klan-leier

Foto: NBC News

Foto: NBC News

Drie mense is dood toe ʼn 73-jarige man Sondag op inwoners van ʼn Joodse gemeenskapsentrum en versorgingsoord vir bejaardes in Kansas losgebrand het. Dit het intussen bekend geword dat die aanvaller, Frazier Glenn Cross, voorheen ʼn leier van die Ku Klux Klan was en met die White Patriot-party verbind word. Hy het ʼn lang geskiedenis van botsing met die gereg.

Toe Cross kort ná die aanval aangekeer is, het hy “Heil Hitler” uitgeroep en anti-Semitiese slagspreuke vanuit die agterkant van die polisievoertuig geskreeu.
Cross, wat ook die van Miller gebruik, is na bewering in 1979 uit die elite-eenheid, die Green Barets, geskop weens sy politieke aktiwiteite. In die tagtigerjare het hy borgvoorwaardes verbreek, en is later opgespoor in ʼn karavaan vol handgranate, outomatiese vuurwapens en duisende rondtes ammunisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

“Crime knows no color” “Crime affects everybody”
Hierdie is bloot `n algemene misdaad.

Shannon ·

“Die waarheid maak jou vry”. M.b.t. jou gewete. Leuens bevry jou van tronk straf – ie, Jackie Selebie, Schabir Shaik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.