Slagoffer jaag motordief rivier in

Amstel

Die plek waar die motor die rivier ingery het. Foto: Google Street View.

‘n Agtienjarige motordief is dood toe hy met ʼn gesteelde voertuig in ʼn rivier beland het.

Die jong man het ʼn motor in Amsterdam vasgelê. Toe die eienaar hom op ʼn fiets agternasit, het hy weggejaag en met die motor in die Amstelrivier beland. Die motor het onderstebo gedryf.

Twee polisiemanne wat van diens af was, het in die rivier gespring, maar kon die dief nie uit die motor kry nie. Die brandweer het die bewustelose dief later uit die sinkende motor gehaal, en hy is na ‘n hospitaal geneem waar hy beswyk het.

Die motoreienaar was besig om aan sy motor te werk en het net ‘n oomblik weggeglip toe die dief toegeslaan het.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.