Slang hang toe waar oorbel moet

Ashley by die hospitaal met Bart wat in haar oorgaatjie vassit. Foto: Facebook

Ashley by die hospitaal met Bart wat in haar oorgaatjie vassit. Foto: Facebook

‘n Vrou van die Amerikaanse deelstaat Oregon, se troetelslang het in die oorbelgaatjie in haar oorlob vasgesit.

Die BBC berig Ashley Glawe het ‘n foto op Facebook gedeel van die klein luislangetjie wat in die oorbelgaatjie in haar oorlob vassit. Sy het by die foto geskryf dit was by verre een van die “malste” oomblikke van haar lewe.

Volgens Glawe was sy besig om met die slang, genaamd Bart, te speel, toe hy skielik in die gat in haar oorlob ingeseil het. “Dit het so vinnig gebeur en nog voor ek besef het wat aangaan, was dit klaar te laat.”

Glawe het gesê dokters het haar oor verdoof, die gat groter getrek en smeerjel aan die slang gesmeer om hom uit die gat te kry. Volgens Glawe is sy en Bart ongedeerd.

Die foto en inskrywing word intussen wyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Rick Grobler ·

Simpel verby… Maar eintlik pas dit by haar voorkoms…

Liesbet ·

Ai tog, die arme slang. En al wat die slang wil doen is in die natuur rond seil …

marianna ·

Sy moet aangekla word van dieremishandeling maar nouja als is moontlik in USA

Andre ·

Ggggggg ! Gril ek nou…Kan bly wees hy het haar oor ge “pick” en nie haar neus nie …

·

Al die kommentaar klink vir my soos daai oom of tannie in familie waarvan geen jong mens van hou nie.

Karma ·

@Né …. dit moet vir jou ‘n verskriklike gevoel van vrees inboesem, want al die kommentators hier het immers iets wat min jongmense van vandag het – VERSTAND!

Johann ·

RERIG? Laat my dink aan die verhaal van Eva se dis die slang en die slang se dis Eva…? Jaloers op daai slang se vermoë om n gaaitjie te benut: BEDOEL MY GOLF PUTTING ONVERMOË……

Hannelie ·

Dis seker die lelikste oorbel wat ek nog gesssssssien het.

Sarkasties ·

Wooow dis nou interessante nuus! Beslis ‘n storie werd…

Snip ·

Hel, daai slang moes mooi korrel om in daai gat te beland, want as mens so groot gat in jou oor het sonder `n ring binne, hang die oor soos `n los vel. Sien geen ring binne nie die oorgat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.