Slang op trein veroorsaak chaos

Die slang wat die chaos veroorsaak het Foto: swissinfo.ch

Die slang wat die chaos veroorsaak het Foto: swissinfo.ch

ʼn Klein slangetjie wat op ʼn passasierstrein in Switserland beland het, het Woensdag chaos veroorsaak.

Al 450 passasiers aan boord die vroeë trein van Bern na Basel is ontruim terwyl die polisie na die slang gesoek het.

“Passasiers het die 50 cm lange skadelose swart kousbandslang in een van die waens opgemerk,” het Donatella Del Vecchio, woordvoerder vir die SBB nasionale spoorvervoermaatskappy, aan AFP gesê. “Die personeel het die polisie ontbied. Al 450 passasiers is ontruim en na ʼn ander trein, wat 30 minute later vertrek het, oorgeplaas.”

Del Vecchio sê dit is moontlik ʼn passasier wat die slang aan boord gebring het, en bygevoeg dit is onwaarskynlik dat die slang self op die trein sou beland het.

Die polisie het uiteindelik die slang in ʼn ventilasieskag opgespoor, het die polisie van Bern in ʼn verklaring gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.