Slapende man uit vullislorrie bevry

Foto: panoramio.com

Foto: panoramio.com

‘n Man wat ‘n uiltjie geknip het tussen kartonbokse in een van San Francisco se herwinningsbakke, het ‘n noue ontkoming gehad.

Onbewus van die slapende se teenwoordigheid, het die drywer van die vragmotor wat die vragte laai, die bak met ‘n hidroliese toestel in die vragmotor se ruim omgekeer, waarna die kompaktering van die vrag begin het. Die slapende het wakker geword toe hy die “knyp” begin voel, en hard uitgeroep.

Gelukkig het die drywer hom gehoor, die hidroliese kompakteerder afgeskakel, en reguit met hom na die naaste brandweerstasie gery.

Die man is bevry, en is weens ‘n erg beseerde skouer per ambulans hospitaal toe geneem. Hy sal na verwagting volkome herstel.

Indien die man sy “bestemming” lewend bereik het, sou hy waarskynlik nie die storting onder meters gekompakteerde papier oorleef het nie.

Bron: ABC San Francisco

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.