Slegs 8 weke mieliereserwes oor vir Zimbabwe

Foto: AFP PHOTO/JEKESAI NJIKIZANA

Foto: AFP PHOTO/JEKESAI NJIKIZANA

Zimbabwe het slegs agt weke voorraad van mielies in reserwe, wat vrese vir massahongersnood in dié land veroorsaak.

Graanmeulenaars het ʼn versoek aan Joseph Made, minister van landbou, meganisering en besproeiingsontwikkeling gerig om te sê hulle pogings om invoerpermitte vir privaat maatskappye te bekom, is onsuksesvol.

Zimbabwe het die afgelope paar jaar graan van buurlande ingevoer, maar met die huidige El Niño-droogte het selfs Zambië se voedselreserweagentskap (FRA) ʼn verbod geplaas op die uitvoer van dié hoofgewas.

Die meulenaars het gesê hulle het talle pogings aangewend om seker te maak dat Made die permitte uitreik sodat hulle mielies van Suid-Afrika en Suid-Amerika kan invoer, maar die minister het nog nie op die kwessie reageer nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat, indien die situasie nie dadelik aangespreek sal word nie, Matabeleland-provinsies die swaarste hierdeur getref sal word, aangesien hulle tans slegs ʼn week se voorraad tot hul beskikking het.

“Op 15 Desember 2015 het ons ongeveer 248 000 metrieke ton mielies in die land gehad, vir vee en menslike gebruik. Dit sluit die Graanbemarkingsraad se strategiese graanreserwes van 152 000 metrieke ton in,” het die Graanmeulenaarsvereniging van Zimbabwe (GMAZ) gesê. “Ons sukkel om ʼn vergadering met die minister te belê en hom in kennis te stel van die huidige stand van mielievoorraad. Ons het nou minder as agt weke se voorraad oor. Ons lede se aansoek vir Suid-Amerikaanse mielies word deur die ministerie afgekeur.”

Made kon nie op sy selfoon bereik word nie.

Die meulenaars het ook ʼn afskrif van die brief aan visepresident Phelekezela Mphoko, minister van die Staat vir Bulawayo Metropolitaanse Provinsie Eunice Sandi Moyo en die Zanu-PF- provinsiale leierskap gestuur.

Zimbabwe se landbou-opbrengs is die afgelope 15 jaar ʼn knou toegedien ná voormalige handelsboere weens radikale grondhervorming van hul plase afgeskop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Annoniem ·

Daar is lankal n voorspelling gemaak dat voedseltekorte zimbabwe gaan tref net deurdat mugabe homself verryk het en nie n duit omgegee het vir sy mense nie,hy wou n ikoon wees vir sy land maar het sy land in die afgrond gelei.Indien hul van mugabe jare terug onslae geraak het sou zimbabwe welaf gewees het

Bruce ·

Zim se hongersnood probleme het begin net nadat hulle die boere van hulle plase afgeskop is.
Suid Afrika se voedseltekorte het begin die oomblik toe die boere weens grondhervorming een vir een weed vermoor word.

Thelma ·

Daai is die waarheid….wens almal wil so daaraan dink . Dankie baie…meskien sal party mense se oë oop gaan.

pieter ·

Nee, Thelma. Solank daar nie ‘n boer op ‘n plaas oor is nie, is hul meer as bereid om te sterf van die honger. hulle is so vasgevang in apartheid dat alles kan vergaan om hulle. Dit is so in Zim en dit is wat ons daagliks sien in SA. Ons tyd kom nader. Gaan nou OTK toe en gaan koop sade waar jy kan kry, rug water tanks op en begin pland in die tuin.

Grassie ·

Ek sal myself nooit daarin verlekker as ander mense, veral kinders, honger ly nie. Die mense van Zim het egter die boere wat voedsel produseer en voorspoed vir die land gebring het verjaag en vermoor uit hebsug en grypsug soos ook nou in ons land gebeur. Hulle het hul eie graf gegrawe en moet nou maar daar inklim en vergaan. Dit is net jammer dat die hoof-aanstigter en sy vrou, wat die staatsbates in hul eie sakke gesteek het, nie geraak gaan word nie en spekvet gaan voortbestaan.
Ek wil ‘n voorspelling waag dat ou Zoempas vir hulle mielies gaan skenk wat ons self ten duurste sal moet invoer.

Jaco ·

Ja n mens verlekker jouself nie in n ander se ellende nie. Maar alle aksies het gevolge, en hulle almal het Mugabe ondersteun, hetsy deur self grond af te vat of selfs net na n party byeenkoms te gaan. Nou gaan hulle die smart smaak wat hulle self aan die boere daar uitgedeel het. Ons beter self hieruit leer…..

vermeende ·

Nee Grassie, ou Bob doen net wat die kiessers van hom verwag. Die sondebok is nie Bob nie maar die kiessers, sonder hulle stem is hy uit.
Snaaks genoeg, as jy met in Zim praat net soos hier by ons dan ontken almal dit hulle vir Zanu PF of vir die ANC stem.

rietrotb ·

Hulle gaan hierheen stroom. ..vir ons kos. .Al het ons ook ń droogte.

Bruno Stef ·

“Charity begins at home” SA het alreeds n noodtoestand ons kan dit nie bekostig om n selfaangestelde lewenslange Diktator n reddingsboei te gee ten koste van ons eie burgers nie.Duisende van sy landgenote roof en plunder alreeds in SA en dit kan in getalle heelwat vermeerder soos een kommentator hierbo tereg opgemerk het.

FM ·

Grassie : Mark my words !!!!! Net soos jy daar sê. JZ sal mielies laat invoer en dit aan Grace mugabe se melkery skenk vir n lamoentjie!!!!EN SA se boere sal dit ten duurste moet aankoop, let wel aankoop!!!! jz en mugabe is mos comrades. Jz gee niks vir SA om nie!!!!!

Frik ·

Geen simpatie Hulle het die hande wat hulle gevoed het vertrap en verjaag Nie gedink hulle kan honger word nie Dis Afrika Dink die wereld skuld hulle en as die hand gehou word dan moet hy kry Laat Mugabe nou sy beloftes nakom

Griki ·

Suid-Afrika se voorland. Is daar regtig niemand wat die ANC en sy grondgrypers, aan die hand van Zimbabwe as voorbeeld, aan die verstand kan bring dat plaasmoorde, onteiening en wanbestuur van ons waterinfrastruktuur die pad na hongersnood is nie. Dit verstom my dat mense wat so totaal insigloos, vraatsugtig en magsbehep is ‘n land regeer. Die anti-ANC politieke partye moet ‘n groter poging aanwend om diegene in landelike gebiede te oortuig om nie die ANC langer te ondersteun nie. Ek stel voor mnr Maimane begin self met hierdie poging ten einde die mense daarvan te oortuig dat rassisme nie die oorsaak van hulle probleme is nie.

chrisp ·

Griki
Maimane kan niemand oortuig dat rassisme verkeerd is nie hy is dan self een.Net soos almal in die DA wat SEB, BEE ,grondhervorming ens nastreef. Hy(DA) is dan so groot ondersteuner van die “vryheidsmanifes”.Die meeste van die anti ANC is maar net die ANC se beleid onderskrywers met ‘n ander naam/

Ekke ·

Wat in Zim gebeur skel my veel, maar wat die uitwerking op ons gaan wees raak my/ons.
Vir hoe lank het ons mielies?
kry daai antwoord dan halveer jy die tydperk want al daai mense gaan oor die grens stroom in die land van melk en heuning en dan het ons probleme.
My raad, maak jou spens vol so gou as moontlik, honger kom hier honger.

pieter ·

Nee regtig maroela, laaste keer wat ek hier kom en sal die boodskap oordra, mens se posts kom nie hier op nie..asof dit selektiewe propoganda is..

Chivago ·

Pieter – verseker is dit selektief, my kommentaar verskyn ook NOOIT.

Sune van Heerden ·

Dagsê Pieter

Kommentaar word afgekeur wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.
Let asseblief ook daarop dat kommentaar soms per hand goedgekeur moet word en dan neem dit soms ‘n wyle voor jou kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dit is afgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

arie plaasboer ·

Sune,
Dit is `n mite wat jy nou verkondig. menige van my kommentare word afgekeur en dan skud ek net my kop. Ek probeer so a-polities as moontlik wees en dan word ook onskuldige kommentare afgekeur.

Andre van den berg ·

Dis maar die prys wat n land vir rassehaat betaal!

Pieter ·

Dankie Sunè, ek neem dit als in ag en ek/ons verstaan dat julle ook maar beheer word deur politieke belange. Ek kan verstaan as mens rassistiese woorde gebruik wat ander rasse groepe negatief kan benadeel. Maar om te praat van afrikaners, of wit of blank en wat ons moet doen om ons belange in ag te neem, is nie ‘n oortreding nie. Ek lees al die kommentaar en basies al die kommentaar is oor ons belange en raad. Bietjie uitpak en kla, maar nie iets om af te keer nie. Wil julle nie ‘n artikel doen oor mense regte nie? Laat ons blankes verstaan wat ons mag en nie mag nie, want ons is in duister en het geen idee wat die reels is vir ons in Suid-Afrika nie. Dit sal dalk help om ons afrikaans sprekendes dalk bietjie wys te maak. Ek is seker dit kan nie teen die wet wees nie, dit sal goeie inligting kan verskaf aan die blanke gemeenskap sodat ons nie nodig het om te oortree nie, want volgens ons soos ek dit kan aflei , dink ons wat ons se is nie iets ernstig nie, want ons weet nie van beter nie. Julle doen great en ons geniet die berigte, plaas net so af en toe bietjie iets in wat ons ook kan bevoordeel.

Groete
Pieter

Fred ·

Ja.zim moet maar vir hul kry.hul stem mos vir ‘n leek wat hul land opfoeter,en boere weg jaag.hoe gouer hy onder ‘n høop grond gaan lê hoe beter vir daai land.

nig ·

Wat erg is is dat Bob gereeld die blankes en Europeers uitkryt as sleg en rassisties ens maar GLO my binnekort gaan hy weer daai hand uitsteek na einste hierdie “slegtes” vir hulp. En hy weet hulle sal maar weer help en as sy land op die voete is sal hy soos in die verlede alle wittes uitkryt vir alles wat sleg is.

Remo ·

Bob se handwe mos klaar bak by sjina , kan mos nou nie amaerika se mielies vat nie

vermeende ·

Kyk, geen land of persoon kan ‘n vinger wys nie, na elke verkiesing word die verkiesing vry en regverdig verklaar, Ons in SA kan se wat ons wil maar onder ‘n demokratiese verkiesing word die wil van die stemmers weerspiel en in Zim se geval wil die kiesers hongersnoot he want hulle het daarvoor gestem alhoewel dit nie so gese is voor die verkiesing nie maar waarsku was hulle gewaarsku.
SA het weer gestem vir korupsie, diefstal en moord, keer op keer.
Net soos die kiesers van Zim gewaarsku was so is ons kiesers ook gewaarsku. Dit wat saar gebeur gaan hier ook gebeur.
Zim verdien vir ou Bob en SA verdien die ANC en vir Zuma en dit is demokrasie in sy volle gewaat.

Loesja ·

Bobbie gaan vir China vra en al wat China het is rys…. een van die dae is rys Afrika se stapelvoedsel……….

Kaspaas ·

Zuma sal nie 2 keer dink om ons beperkte graan reserwes vir Zim aan te stuur nie, en dan ten duurste in te voer met belasting betalers geld.

pieter ·

Nee, zuma sal nie ons laaste bitji uitvoer nie, die eff gaan ‘n bohaai maak tot hy dit gee…dit is malema se familie. Dis oor hom wat ons moet uitkyk, nie zuma nie. Zuma is word beheer deur groter partye, maar malema is rebels genoeg om dit te laat gebeur..onthou, dis hy wat plaas moorde adverteer, nie zuma nie, zuma worry net nie..

Fanie ·

Ek onthou nog hoe daar grond uitgedeel is in Zim.
Die trekkers en implemente het net daar gestaan, hulle het nie geweet hoe werk dit nie. Dit is later verkoop. Die mielie saad wat hulle moes plant het hulle fyngemaal vir pap.
Het Mugabe nie so ‘n ruk t’rug gesê die wit boere moet weer daar by hom kom boer en produseer nie!! Wie gaan dit dit wil doen onder sý bewind.
Wonder maar net.

Kobus ·

Hoe stuur mens die boodskap aan ons “geagte” president (en mal emma) dat hulle kan sien wat hulle beleid van grondgryp aan ‘n welvarende land doen. Zimbabwe was een van die top produseerders van graan in Afrika. Met die mal president en sy gevolg wat gedink het om grond te vat van boere wat hulle lewe lank boer en weet wat boerdery behels en aan sg. grondloses te gee wat nie die vaagste benul van boerdery het nie, sit hulle vandag waar hulle sit. Met ons paloeka van ‘n president en sy kaders wat dink die geldstoom gaan vir ewig aanhou, wag daar ‘n nare verrassing. Swak bestuur van waterbronne, deur onkundige politiekaangestelde paloekas, is ons op dieselfde pad. Word wakker medekiesers! Hierdie regering lei die land die afgrond in. Waarom stroom julle in julle duuisende na die Wes Kaap? Omdat daar behoorlike bestuur en infrastruktuur in die meeste munisipaliteite is waar die ANC nie die meerderheid in die raad is nie. WORD WAKKER en stem teen die agteruitgang van ons land!!!

pieter ·

Mense, help die boere..hulle doen so ongelooflik baie vir ons nasie om te sorg dat die rakke vol bly vir die wat ons uit moor..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.