Video: Slegs gesange weerklink in Italië se strate

Skermgreep uit die video

ʼn Video van bure in Italië wat uit hul huise se vensters saamsing, is baie gewild op sosiale media.

David Allegranti, ʼn verslaggewer en skrywer van Italië, het die video op Twitter gedeel. Die video is reeds byna 2 miljoen keer gekyk.

“In Siena, waar ek woon, bly mens by die huis, maar mens sing saam asof mens op straat is. Hierdie het my hart geroer,” het Allegranti by die plasing geskryf.

Die liedjie, “Canto della Verbena” (Terwyl Siena slaap), is ʼn bekende volksliedjie wat tradisioneel gesing word as ʼn manier om jou trots te wys in die Toskaanse stad.

Minstens 16 miljoen mense is tans in kwarantyn in Italië weens die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19). Meeste winkels, buiten supermarkte, apteke en ander koshandelaars, het hul deure gesluit. Inwoners word verbied om in die publiek bymekaar te kom en sportgeleenthede is landswyd opgeskort. Skole en universiteite is tot 3 April gesluit.

“Vertrou die Italianers om skoonheid in tragedie te vind,” reageer ʼn Twitter-gebruiker. “Wel, dit was my huil vir die oggend,” skryf ʼn ander. “Liefdegroete aan julle almal in Siena en Italië. Ek stuur julle my beste wense uit Amerika.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SomeOne ·

dit wys net wat se samesyn is daar tussen die mense, al sing hul net hardop dat almal saam kan sing, as jy dit in suid afrika gaan probeer word jy toegesluit vir rusvestoring

Johan Venter ·

In die week berig Rapport op hul webwerf:
Die Italiaanse regering het drastiese stappe regoor die land afgekondig om die verspreiding van Covid-9 te probeer bekamp. Rolprent- en ander teaters moet nou sluit. Alle sportbyeenkomste is tot April uitgestel tensy dit agter geslote hekke kan plaasvind sonder enige toeskouers. By gimnasiums en swembaddens word mense gedwing om hul hande te was en hulle mag nie nader as een meter van mekaar kom nie. Siviele en godsdienstige seremonies, wat begrafnisse insluit, word nie langer toegelaat nie.

Sarel ·

Dit….terwyl SA mense onder mekaar baklei . Mekaar sle sê en beledig

Oumie7 ·

As ons almal so positief leef gaan almal positief raak 1 ou het begin sing toe sing almal saam dit begin by 1.

FM ·

Dit het my hart geruk. Dankie. So positief te midde van soveel negatiwiteit. Kom mede volksgenote. Kom ons blom soos sonneblomme met ons gesigte na Jesus gedraai. HY is die ewige LIG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.