Slowenië rig grensheinings op

vlugtelingeSlowenië se bevolking van sowat twee miljoen mense kan na berig word nie meer die ongelooflike humanitêre druk wat die vlugtelinge veroorsaak, uithou nie.

In die afgelope drie weke het daar glo tot 150 000 mense opgedaag en vandeesweek sal nog ʼn verwagte 30 000 bykom, volgens die Sloweense minister van buitelandse sake. Mrio Cerar, Slowenië se president, het gister in Ljubljana aangekondig dat die bou van ʼn heining daarop gemik is om die noodsituasie te verlig en die Schengen-ruimtes te beskerm.

Slowenië word as ʼn deurgangland beskou vir vlugtelinge wat na Oostenryk reis. Oostenryk het einde Oktober aangekondig dat die owerheid ʼn grensdraad wil oprig. Die Oostenrykse minister van binnelandse sake, Johanna Mikl-Leitner, het beklemtoon dat dit nie ʼn sluiting is nie, maar eerder help om grensoorgange te beheer.

Slowenië het ’n massa doringdraad by Hongarye aangekoop. Die draad het reeds in die dorp Veliki Obrez aangekom, tesame met baie soldate en polisie. Besonderhede oor hoe en wanneer die heinings opgerig gaan word, is nie deur die Sloweense regering verskaf nie. ʼn Reuters-fotograaf het gemeld dat daar glo reeds gister met die heining begin is.

Die Sloweense regering het beloof dat die grens nie totaal ontoeganklik afgesper sal word nie. Daar word bloot gepoog om die vlugtelingstroom in ʼn ander rigting te lei. Sodoende hoop die regering om die mense na spesifieke grensoorgange te lei. Die grens tussen Slowenië en Kroasië is 670 km lank. Die Brusselse owerheid het twee weke gelede besluit om 400 bykomende grensoppassers na Slowenië te stuur as hulp vir die duisende vlugtelinge uit meestal Afghanistan en Sirië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chrisp ·

Skors hulle van die VN,alle sport,stel sanksies in ens .
Dit is apartheid, kom nou wereld wees konsekwent?
Dit geld vir Israel ook.Ek wonder wat se al die linkse reenboog mede argitekte van die apartheid in Israel.Veral die uitermatige % wat uit Jode bestaan het.Soos ek verstaan ondersteun die meeste by verre die apartheid staat van Israel.Nou wat nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.