Smallville-aktrise in hof oor mensehandel-saak

Allison Mack (middel) saam met haar regspan by die federale hof in Brooklyn, New York (4 Mei 2018) Foto: AP Photo/Bebeto Matthews

Allison Mack, voormalige aktrise van die TV-reeks Smallville, het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van mensehandel.

Mack en Keith Raniere, leier van die groep NXIVM (uitgespreek “Nexium”), staan tereg op aanklag dat hulle vroue aangemoedig het om by die kultusagtige organisasie aan te sluit en seksslawe te word. Sommige van die vroue is gebrandmerk met ʼn simbool wat glo Raniere se voorletters insluit.

Mack en Raniere het saam in die hof verskyn en ontken skuld op alle aanklagte.

Raniere (57), wat sy dienste aan bekendes aangebied het as ʼn “self-improvement guru to the stars”, is op 26 Maart van Mexiko na die VSA gebring. Hy het nie aansoek gedoen om borgtog nie en bly in aanhouding.

Mack, bekend vir haar rol as Chloe Sullivan in Smallville, is verlede maand vrygelaat op borgtog met verskeie voorwaardes en reëlings word tans getref om haar onder huisarres te hou in Kalifornië.

ʼn Staatsaanklaer het tydens Vrydag se hofverrigtinge aan die regter gesê die staat is van voornemens om ʼn nuwe klagstaat te bring met nog beskuldigdes, maar hy het nie besonderhede verskaf nie.

Raniere se eksmeisie, Barbara Boucher, het gesê lede van sy groep het haar agtervolg, alhoewel sy al in 2009 die verhouding verbreek het. Sy het gesê toe sy hom die eerste keer in nege jaar sien, toe hy met ʼn groen oorpak in die hof verskyn het, was sy “baie hartseer, soos tydens ʼn sterfte, want ek het hierdie man baie lief gehad”. “Hy was briljant en sou baie goed kon doen, as dit nie vir sy donker kant was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nicci Prinsloo ·

Báie van die berigte wat op die roterende band verskyn , is nie op my foon nie. Hoekom mis ek dit?

Katerina ·

Op die Amerikaanse webwerf “AboveTopSecret.com” is it al lankal nuus. Vir Afrikaners wat Amerikaners bewus wil maak van ons situasie,is dit n goeie site.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.