Sneltreindrywer uitgevang wat gou kamer verlaat

Argieffoto (Foto: scooterenglasias/Pixabay)

Die bestuurder van ʼn sneltrein in Japan het beheer van die trein aan ʼn ongekwalifiseerde kondukteur oorgegee sodat hy ʼn dringende draai kon gaan loop.

Die ongelukkige drywer se toiletbesoek sou dalk ongemerk verbygegaan het, maar sy trein was een minuut laat en ʼn ondersoek is van stapel gestuur in die land wat bekend staan vir sy stiptelikheid.

Die bestuurder het bely dat hy sy pos verlaat het toe hy maagpyn ondervind het. Hy het beheer van die trein met 160 passasiers aan boord aan ʼn kondukteur oorgegee sodat hy vinnig die toilet kon besoek. Hy was drie minute lank weg terwyl die trein teen sowat 150 km/h beweeg het.

Sneltreine word streng beheer deur gerekenariseerde sentralebevelstelsels, maar daar word van menslike bestuurders vereis om in plek te bly om enige onverwagte situasie te hanteer, het ʼn woordvoerder aan AFP gesê. Hulle moet ook per hand rem aanslaan of versnel soos nodig om veiligheid te verseker en die treine op skedule te hou.

Die bestuurder se afwesigheid het tot ʼn minuut lange vertraging gelei en dit het die geheim aan sy toesighouers verklap.

Bestuurders wat ʼn noodgeval ondervind is veronderstel om met die bevelsentrum te koördineer om die beheer aan ʼn gekwalifiseerde bestuurder oor te gee, op die spoor stil te hou of by die naaste stasie stil te hou.

Uitvoerende lede van die maatskappy het Donderdag tydens ʼn perskonferensie om verskoning gevra vir die voorval en gesê daar sal “gepas” opgetree word teen die bestuurder. Die bestuurder het verduidelik hy wou nie ʼn vertraging veroorsaak deur die trein tot stilstand te bring nie. “Ek het dit ook nie aangemeld nie, want dit was ʼn verleentheid,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mieke ·

Shame…. armed man! Alles word so gemeganiseer en gerekeniseer dat daar niks tyd oor is vir menslikheid….

Mariana ·

Nou maar dan moet hulle mos maar ‘n opgeleide assistent saam met daai drywer sit, genade as die dan nood druk dan druk hy.

Boerkind ·

Ja kyk, dit is uiters onaanvaarbaar om ‘n minuut laat te wees… ek sidder…. dit is 60 volle sekondes. Terloops ek het 90 sekondes geneem om die kommentaar te skryf!

Anya ·

Hulle gaan GLAD NIE IN SA cope nie….
Hier is als meeste vd tyd maande laat.

Hennie J ·

I.PV kubane invoer om te kom doen wat ons in elk geval kan doen ten opsigte van water, hoekom voer ons nie Japanese in om prasa en transnet reg te ruk nie?

Martie Smartie ·

Ja dan het ons Suid Afrika … waar ‘n ondersoek gedoen word as ‘n trein betyds is en langer as 3 weke hou sonder om gebrand te word … en Sanral – wat sal ons sê

Stof ·

Net een minuut? Die man was heeltemal binne die norm wat ek ken.

Racheltjie Debeer ·

Arme man. Dat 60 sekondes nou so ‘n groot verskil kan maak! Die Japanese moet bietjie SA toe kom en eerstens kyk of hul ‘n passasiers trein (behalwe die Gautrein en Blou trein) kan vind en tweedens hoop dat die trein nie minstens 10 minute vertraag is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.