Só gaan dit met prins Philip

Koningin Elizabeth en prins Philip (Junie 2020) (Foto: The Royal Family/Twitter)

“Dit gaan oukei met prins Philip. Sy gesondheid word dopgehou.”

Só het prins William (38) Maandag aan ʼn joernalis gesê oor sy 99-jarige oupa wat al ʼn week lank gehospitaliseer word.

Maroela Media het vroeër berig die hertog van Edinburg is Dinsdagaand in die privaat King Edward VII-hospitaal in Londen opgeneem “as ʼn voorsorgmaatreël” na hy olik begin voel het.

Die paleis het benadruk dit hou nie met Covid-19 verband nie. Hy was glo in ʼn goeie luim en het self by die hospitaal ingestap.

William se pa, prins Charles, het Philip Saterdag in die hospitaal besoek, maar nie kommentaar gelewer oor sy gesondheidstoestand nie.

Die prins (gebore op 10 Junie 1921) het op 2 Augustus 2017 amptelik uitgetree uit die openbare lewe nadat hy sedert 1952 as die koningin se gemaal altesaam 22 219 keer alleen by openbare geleenthede verskyn het. Philip en koningin Elizabeth II is op 20 November 1947 in die Westminster-abdy getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samuel ·

Ons hoop die waardige ouman kom deur hierdie krisis. Sterkte aan sy familie.

Rentia ·

Daardie ouderdom is net genade. Hoop hy sal gou terugkeer na goeie gesondheid.

JohanR ·

Wonder of ek, of enige van ons op 99 nog geld in ons pensione fonds sal oor he vir medies en ‘n hospitaal. Vir die koninglikes is dit nie ‘n probleem. Die behandeling is seker net van die beste met die beste docters en spesialiste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.