Só is ‘Boaty McBoatface’ toe gedoop

NERC se navorsingsvaartuig wat na verwagting in 2019 te water gelaat word (Foto: NERC)

NERC se navorsingsvaartuig wat na verwagting in 2019 te water gelaat word (Foto: NERC)

Die $290 miljoen-navorsingskip wat sosialemediagebruikers gehoop het “Boaty McBoatface” sou heet, se amptelike naam is uiteindelik aangekondig.

Engeland se Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad (NERC) het aangekondig dat die skip na die bekende natuurkundige Sir David Attenborough, vernoem sal word.

Maroela Media het vroeër berig NERC het ʼn kompetisie van stapel gestuur waartydens die prettige “Boaty McBoatface” meer as 124 000 stemme van dwarsoor die wêreld ontvang het. Die besluit is egter geneem om die skip na Attenborough te vernoem, wat Sondag sy 90ste verjaarsdag gevier het.

Die beamptes het egter gesê dit beteken nie die einde van die ongewone naam nie: die skip se hoë tegnologie, afstandbeheerde duikboot, sal as Boaty McBoatface bekend staan.

Die skip se navorsingspan wil data en monsters van die diepste water van die Arktiese en Antarktiese oseane versamel.

Die skip word by die Cammell Laird-skeepswerf naby Liverpool gebou en sal na verwagting in 2019 te water gelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johnny ·

Wat is no ondersese duikboot? Kry jy n bosese duikboot? Ek sou dink n duikboot is n duikboot. Waar anders word n duikboot gebruik? Om lugfotos te neem? Wonder soms…….

Sune van Heerden ·

Dagsê Johnny

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Melt Olckers ·

Partykeer moet die mense eers mooi dink voor hulle vraelyste uitgee.

Paul ·

Ja, kyk net hoe swak het dit gewerk. Nou weet miljoene mense van die skip. Wat ‘n slegte resultaat.

E.K. ·

‘n Baie beter en gepaste keuse as die simpele Boaty-watsenaam.

Catherine ·

volgens deze webpagina: https://nameourship.nerc.ac.uk/
is de gekozen naam RRS SIR DAVID ATTENBOROUGH – ik lees :
We are proud to announce that the selected name of the new £200m Pound Polar Research Ship, launching in 2019 is the RRS Sir David Attenborough. It is a fitting tribute to a man who has done so much to explain the wonders of the natural world to all of us. The name Boaty McBoatface will live on as the name of the ship’s high-tech remotely operated sub-sea vehicle. We’d like to say a huge thank you to everyone who suggested names, shared tweets and got involved with the #NameOurShip campaign.

Sune van Heerden ·

Dagsê Catherine,

Dankie ja, dit is die inligting wat in die berig vervat is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.