Foto’: So lui wêreld 2019 in

Vuurwerk, konserte, godsdienstige saamtrekke en politieke toesprake was volop om die nuwe jaar mee in te lui, terwyl partytjiegangers wêreldwyd Maandag afskeid geneem het van ʼn jaar propvol uitdagings.

Filippyne juig tydens die aftel na die Nuwejaar in die Eastwood-winkelsentrum in Quezon Stad noordoos van die hoofstad, Manila.

Toeskouers kyk hoe vuurwerk afgevuur word voor Maleisië se beroemde Petronas Twin Towers tydens die aanbreek van 2019 in Kuala Lumpur.

ʼn Aanbidder bid terwyl sy haar beurt waarneem om in ʼn kis te lê in die Takien-tempel in Bangkok, Thailand. Gelowiges glo die doodskis‑seremonie – wat dood en hergeboorte simboliseer – help om hulle van slegte geluk te suiwer en die nuwe jaar as ʼn nuwe mens te begin.

ʼn Vrou bid voor ʼn muur lanterns om die Nuwejaar te vier in die Jogyesa- Boeddhistiese tempel in Seoel, Suid-Koerea.

Vuurwerk ontplof bokant ʼn passasierskip in Kaapstad se ikoniese Waterfront.

ʼn Happy New Year-hoed wat agtergebly het ná die feesviering op New York se Times Square.

Feesvierders omhels in die reën op Times Square in New York.

ʼn Siriese meisie poseer vir ʼn foto saam met Kersvader in Damaskus.

In Primosten, Kroasië, sleep mense potte agter hulle aan om geraas te maak en so “slegte goed” af te skrik voor hulle die Nuwejaar vier.

Vuurwerk ontplof oor die hawe in Sydney, Australië, een van die eerste lande wat die nuwe jaar verwelkom het.

In Oostenryk dirigeer Christian Thielemann, hoofdirigent van die Staatskapelle Dresden, die Weense Filharmoniese Orkes tydens die tradisionele Nuwejaarskonsert in die Musikverein-konsertsaal.

ʼn Nepalese man van die Gurung-gemeenskap in tradisionele drag neem al dansend deel aan die Nuwejaarsparade.

In Indië laat kinders hul gesigte verf ter voorbereiding van die Nuwejaarsviering.

Vuurwerk soos dit gesien kon word by die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate.

Kleurryke vuurwerk verlig die naghemel in die omgewing van die Ampera‑brug in Indonesië.

Die Akropolis in Athene, Griekeland, word verdwerg deur ʼn vuurwerkvertoning.

Op Wenceslausplein in die Tsjeggiese hoofstad, Praag, is ook ʼn vuurwerkvertoning gelewer. (Alle foto’s: ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.