Só lyk Britse setelverdeling

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Die Konserwatiewe Party het in die pas afgelope Britse algemene verkiesing ’n volstrekte meerderheid van 331 setels behaal, 28 setels meer as voor die verkiesing.

Die Arbeiders het 25 setels ingeboet en het nou 232 setels.

Die party wat die grootste wins gemaak het, was die Skotse Nasionale Party wat 50 setels bygewen het, en nou 56 setels in die parlement het.

Die Liberale Demokrate, die Konserwatiewe Party se koalisievennoot tot die verkiesing, het 49 setels verloor en staan nou op net agt setels.

Die leiers van die Arbeiders, die Lib-Dems en UKip het bedank nadat die uitslae bekend geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leendert van Oostrum ·

“Die leiers van die Arbeiders, die Lib-Dems en UKip het bedank nadat die uitslae bekend geword het.”

Hmmmmm……….

By ons bedank die leiers van verloorpartye nie.

Hulle klou aan pensioenvoordele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.