Só lyk die wêreld se duurste paar skoene

Die paar skoene wat Debbie Wingham ontwerp het (Foto: Adel Hanna/WENN)

Die wêreld se duurste paar skoene is bekend gestel. Die skoene, deur die Britse ontwerper Debbie Wingham, kos £11,4 miljoen (ongeveer R211,6 miljoen).

Haute couture-ontwerper Wingham, is ook die eienaar van Couture to Cakes, waar sy haar liefde vir mode en koekontwerpe saamsnoer. Wingham het vantevore ook al die wêreld se duurste koek (£48,5 miljoen) en die duurste rok (£11,7 miljoen) ontwerp.

Die paar skoene is spesiaal as ʼn verjaarsdaggeskenk ontwerp. Dit word versier met uiters seldsame pienk en blou diamante, vier wit diamante van drie karaat elk en 1 000 puntjiediamante. Die diamante is in platinum geset en die ritssluiter is van soliede goud. Die skoene het honderde ure geduur om te maak en is met garing van 18 karaat goud gestik.

Wingham het die ontwerp behartig, maar Chris Campbell, ʼn kontemporêre kunstenaar van Florida, het die skoene gemaak.

ʼn Woordvoerder van Wingham het gesê ʼn familie wat ʼn unieke stuk diamantkuns vir ʼn geliefde se verjaarsdaggeskenk wou hê, het haar versoek om die paar skoene te maak.

Lees meer oor die paar skoene: Daily Mail en Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.