So lyk vanjaar se lys Oscar-benoemings

Argieffoto ter illustrasie (Foto: AP Photo/Chris Pizzello)

Die lys met benoemdes vir die 93ste Academy Awards, ook bekend as die Oscars, is Maandag eindelik aangekondig. Die Oscars word vanjaar weens die Covid-19-pandemie eers op 25 April in Los Angeles uitgedeel.

Die fliek Mank (wat op Netflix te sien is) het tien benoemings ingeryg gevolg deur ses rolprente elk met ses benoemings.

Die Suid-Afrikaanse dokumentêre prent My Octopus Teacher is benoem in die kategorie vir die beste dokumentêre fliek.

Beste fliek

The Father

Judas and the Black Messiah

Mank

Minari

Nomadland

Promising Young Woman

Sound of Metal

The Trial of the Chicago 7

Beste regisseur

Chloe Zhao, Nomadland

David Fincher, Mank

Lee Isaac Chung, Minari

Emerald Fennell, Promising Young Woman

Thomas Vinterberg, Another Round

Beste akteur

Riz Ahmed, Sound of Metal

Chadwick Boseman, Ma Rainey’s Black Bottom

Anthony Hopkins, The Father

Gary Oldman, Mank

Steven Yeun, Minari

Beste aktrise

Viola Davis, Ma Rainey’s Black Bottom

Andra Day, The United States vs. Billie Holiday

Vanessa Kirby, Pieces of a Woman

Frances McDormand, Nomadland

Carey Mulligan, Promising Young Woman

Argieffoto (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP)

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Sacha Baron Cohen, The Trial of the Chicago 7

Daniel Kaluuya, Judas and the Black Messiah

Leslie Odom, Jr., One Night in Miami

Paul Raci, Sound of Metal

Lakeith Stanfield, Judas and the Black Messiah

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Maria Bakalova, Borat Subsequent Moviefilm

Glenn Close, Hillbilly Elegy

Olivia Colman, The Father

Amanda Seyfried, Mank

Yuh-Jung Youn, Minari

Beste buitelandse fliek

Another Round (Denemarke)

Better Days (Hongkong)

Collective (Roemenië)

The Man Who Sold His Skin (Tunisië)

Quo Vadis, Aida? (Bosnië)

Beste tekenprent 

Onward

Over the Moon

A Shaun the Sheep Movie: Farmageddon

Soul

Wolfwalkers

Beste dokumentêre fliek

Collective

Crip Camp

The Mole Agent

My Octopus Teacher

Time

Beste oorspronklike draaiboek

Judas and the Black Messiah, Will Berson en Shaka King

Minari, Lee Isaac Chung

Promising Young Woman, Emerald Fennell

Sound of Metal, Darius Marder en Abraham Marder

The Trial of the Chicago 7, Aaron Sorkin

Beste aangepaste draaiboek

Borat Subsequent Moviefilm, Sacha Baron Cohen, Anthony Hines, Dan Swimer, Peter Baynham, Erica Rivinoja, Dan Mazer, Jena Friedman en Lee Kern

The Father, Christopher Hampton en Florian Zeller

Nomadland, Chloe Zhao

One Night in Miami, Kemp Powers

The White Tiger, Ramin Bahrani

Rolprente met meer as vyf benoemings

Mank (10)

The Father (6)

Judas and the Black Messiah (6)

Minari (6)

Nomadland (6)

Sound of Metal (6)

The Trial of the Chicago 7 (6)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
A

Ek ken nie eers meeste van die die flieks nie, net Trial of Chicago 7. Hiedie is ‘n maer jaar vir goeie flieks.

Ek verstaan nie hoekom Tenet ten minste vir beste kinematografie genomineer is nie.

Soul was ‘n goeie animasie fliek.

Ek kan nie glo ‘n Borat fliek het ‘n nominasie gemaak nie.

Kobus

Wat het geword van die Afrikaanse inskrywing vir beste vreemdtalige film?