Só lyk wêreld se duurste skaap

Double Diamond is die wêreld se duurste skaap. (Foto: Texel-skaapvereniging)

ʼn Texel-lam is nou die wêreld se duurste skaap nadat dit vir ʼn allemintige R8,1 miljoen (£368 000) op ʼn veiling in Skotland verkoop is.

BBC berig die ses maande oue lammer is in Lanark deur teler Charlie Boden aan ʼn konsortium van skaapboere verkoop.

Bieëry het op net meer as £10 000 begin, maar kort voor lank het ʼn prysoorlog in die kleine ontstaan.

Die prys vir die skaap genaamd Double Diamond het ʼn vorige rekord van net meer as £230 000 (R5 miljoen) wat in 2009 opgestel is, oortref.

Volgens die Texel-skaapvereniging is die diere afkomstig van ʼn klein eiland langs die Nederlandse kus en daar word gereeld gróót geld vir hulle uitgehaal.

“In ʼn rasegte ras begin jy kyk na die kleiner karaktereienskappe van die skaap – die wol, die kleur, die vorm van die kop,” het Jeff Aiken, ʼn plaasbestuurder van een van die kopers, luidens BBC gesê.

“Ons moet daardie bedrag betaal om die genetika te kry.”

Aiken het egter benadruk dat talle skaapboere steeds onder ekonomiese onsekerheid ly.

“Moet my nie verkeerd verstaan nie, dis ʼn obsene bedrag geld om vir ʼn skaap te betaal en dit moet beslis nie as ʼn weerspieëling van die boerderygemeenskap gesien word nie.

“Daar is net ʼn klein persentasie boere wat dié soort geld kan uithaal.”

Sportsmans Double Diamond – 350,00gns

Sportsmans Double Diamond sets a new UK sheep record selling for 350,000gns. The most talked about lamb of the year sets trade alight at Lanark.

Posted by British Texel Sheep Society on Thursday, August 27, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adam Adriaan ·

Hy sal darem ‘n paar skepsele kompetisie gee met daar die stewige agterstewe van hom

Misky ·

Dink nou net die skaap moet siek raak – hoe slaap daai boer snags?? In SA sal so skaap ras nooit mee geboer kan word met ons diefstal nie. Geen boer sal dit oorleef nie

Hennie J ·

Ai die ou mensdom! Toe ek die opskrif sien toe soek ek onwillekeurig n foto van……………………………

JohanR ·

Hier in Suid Afrika het ons Shaun die Skaap gehad. Hy was nie ‘n wenner nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.