Só sal tweede grootste diamant bekend staan

Lesedi la Rona (Foto: Lucara Diamonds)

Lesedi la Rona (Foto: Lucara Diamonds)

Die tweede grootste diamant wat nog ooit in die wêreld gevind is, se naam is Dinsdag by die mynindaba in Kaapstad bekend gemaak.

William Lamb, president en uitvoerende hoof van Lucara Diamond Corp, het gesê die 1,100+ karaat steen sal as “Lesedi la Rona”, ʼn Setswana-uitdrukking wat “ons lig” beteken, bekend staan.

Maroela Media het vroeër berig die diamant, tipe IIa gehalte, is in November in Botswana gevind.

Lesedi la Rona is die grootste diamant in meer as 100 jaar en die grootste wat ooit in Botswana uitgehaal is.

“Die diamant is die trots en erfenis van Botswana,” het Lamb bygevoeg.

Die diamant se naam is gekies uit meer as 11 000 inskrywings tydens ʼn kompetisie in Botswana. Thembani Moitlobogi se inskrywing is as die wenner aangewys en hy ontvang 25 000 pula (ongeveer R35 000).

Lamb het gesê die diamant is ongeveer so groot soos ʼn tennisbal. Die diamant was 1 111 karaat toe dit gevind is, en het 1 109 karaat geweeg nadat dit gepoleer is.

Botswana is die wêreld se tweede grootste diamantprodusent.

– African News Agency

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dee ·

Sal seker nie in ‘n ring maar eerder aan ‘n hangertjie gemonteer word.

Wat-ek-lees ·

Behoort as halssnoer mooi te lyk veral as moeder natuur die dame nie afgeskeep het . . .

Johann Marx ·

Wat-ek-lees is: 25 000 pula is ongeveer R35 000,00…..en ek ween vir hierdie land…wat van ALLES meer het as Botswana, meer produksie fasiliteite, meer industriëe, kuslyn, marine bedryf, hawens, spoorwëe,…noem maar op….maar ‘n powere geld-eenheid oor EEN nar se streke…wat in plek gehou word deur sy “ring-masters”…. Hier in Suid Afrika mag daar ook nog so ‘n diamant lê, maar hy sal nie uitgehaal word nie, want ons land se mense staak, toyi-toyi, “demand”, vernietig, verbrand en verwoes…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.