Só stem Kiwis oor hul vlag

Die voorgestelde nuwe vlag (links) en die bestaande vlag met die Britse Union Jack (regs) Foto: Marty Melville/AFP/Getty Images

Die voorgestelde nuwe vlag (links) en die bestaande vlag met die Britse Union Jack (regs) Foto: Marty Melville/AFP/Getty Images

Nieu-Seeland het pas die uitslag van die referendum bekend gemaak waarin meer as 2 miljoen mense gestem het of die Britse Union Jack op die vlag behoue moet bly, en of dit met ʼn silwer varingblaar vervang moet word.

Slegs 43.2% van die kiesers (915 008 mense) het vir die nuwe vlag gestem teenoor 56.6% van die kiesers (1 200 003 mense) het gestem dat die huidige vlag moet bly. Altesaam 0.2% (4 942) van die stembriewe was ongeldig.

Die uitslag is egter net voorlopig – ʼn finale telling sal volgende week Woensdag bekend gemaak word, maar dit is onwaarskynlik dat die uitslag sal verander.

Samestelling: The Guardian

Samestelling: The Guardian

Die mediahuis One News het kort na die uitslag bekend gemaak is, op Twitter gesê: “Nieu-Seeland het gepraat. Ons behou die ou vlag.”

Kiesers moes besluit tussen die bestaande vlag, wat al sedert 1902 ʼn nasionale simbool is, en ʼn nuwe ontwerp wat saamgestel is nadat meer as 10 000 inskrywings deur die publiek ontvang is.

Maroela Media het vroeër berig die inskrywings het gestrek tussen ernstig tot belaglik, soos een met ʼn kiwivoël wat ʼn groen laserstraal uit sy oog skiet. Die wenontwerp was uiteindelik ʼn samestelling tussen die ou en die nuwe, deur die Suiderkruis-sterformasie te behou, maar dit Britse simbool met ʼn inheemse plant te vervang.

Ná miljoene dollar aan die proses bestee is, het meningspeilings voor die referendum egter daarop gedui dat Nieu-Seelanders waarskynlik die bestaande vlag verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HEVW ·

n Baie goeie voorbeeld vir ons om ons geskiedenis , taal en erefenis hoog te ag en om in ons omstandighede met hand en tand daarvoor teveg.

Joe Olivier ·

Dit is nou ware demokrasie. Nie soos wat die kettievlag op ons af forseer was nie.

Faan ·

Slim ekonomiese keuse. NZ hang nog aan ma se speen terwille van sy ekonomie. Die britte is maar n snaakse nasie en kan gat omswaai ” julle sny ons uit ons sny julle uit”. “Protection of sibling” Dit gaan alles oor geld vandag. Dit is nogal jammer want die voorgestelde vlag lyk baie goed en eie aan die land se kultuur

M A ·

Hmmm, in Suid Afrika bodder hulle nie nog met stemme nie. Mens word soggens hier wakker en jou president, ministers, stad se naam en straat se naam het verander. Ek kan nie onthou dat ek vir die nuwe skreeuwende bont vlag gestem het nie. Hier is dit verander alles en dwing dit op mense af (soos e-tol op bestaande en opbetaalde paaie). Maar tog…ek wil nie oorsee gaan woon nie.

Johan 2 ·

Hul ou (huidige vlag) is baie na aan Australië sn.. ek dink dit is n goeie keuse om dit te verander. Die Union Jack
is in elkgeval uitgedien, en as Skotland uit die VK is, is sy dae daar ook getel. Engeland sal seker terugval op hul ou vaal rooi kruis indien die VK ontbind. Vir ons ou vlag viel ek nie veel nie, nog net geweld en onderdrukking onder hom gesien.

Paul ·

Snaaks, ek het weer baie, baie, baie meer geweld en onderdrukking onder die anc se nuwe sa vlag gesien en beleef.

Rudie ·

Die silwervaring is nie net ‘n inheemse plant nie. Die silwervaring is uniek aan Nieu-Seeland. Dit is ook deel van Nieu-Seeland se kultuurgeskiedenis. Dit is in sy huidige vorm waarskynlik die eerste keer as embleem gebruik deur NS troepe wat aan die Anglo-Boere Oorlog deelgeneem het. Dit het daarna deel geword van die landswapen, militêre kentekens, kentekens van sportspanne, KiwiRail, in handelsmerke van produkte en identifikasie met NS. Die koru-simbool, wat die gekrulde vorm van ‘n jong silwervaringblaar voorstel is ook deel van die Maori-kultuur en te sien Maori kunswerke, in sneewerke en die embleem van Air New Zealand.

Johannes Meintjes ·

So is daar nou ook al herhaldies navorsing gedoen en voorleggings gemaak vir die Volkstaatvlag waar die Union Jack met die ou Kaapse Vierkleur vervang word. Ongelukkig is die insigte en “ware demokrasie” van wedersydes erkenning afwesig binne die weerbarstige en onderling-hardnekkige kultuur van die Afrikaner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.