Soedannese Christenvrou weer vry

Foto: Mariam met haar kinders, AP

Foto: Mariam met haar kinders, AP

Volgens Amerikaanse diplomatieke bronne is die Soedannese vrou, wat weens haar Christen-geloof ter dood veroordeel was, opnuut vrygelaat.

Mariam Yahya Ibrahim, wat sedert Februarie in aanhouding was, is vroeër vandeesweek vrygelaat, en was saam met haar man, Daniel Wani, ‘n Amerikaanse burger, in die lughawegebou in Khartoem onderweg na die buiteland toe hulle weer aangekeer is. Mariam het glo nie die korrekte reisdokumente besit nie.

Sy is deur ‘n Islamitiese tribunaal ter dood veroordeel omdat sy as Moslem geag is omdat haar pa ‘n Moslem was. Sy is egter deur haar ma grootgemaak wat tot die Ethiopiese Koptiese Kerk behoort. Toe sy met Wani, ‘n gebore Suid-Soedannese Christen getroud is, is sy na ‘n klag van ‘n Moslem-familielid aan geloofsversaking skuldig bevind. Haar huwelik met ‘n Christen is ook nie erken nie, en omdat sy reeds ‘n kind gehad het en weer swanger was, is sy ook aan buite-egtelike seks skuldig bevind en tot 100 houe gevonnis.

Sedert die nuus oor vonnisse bekend geword het, is enorme diplomatieke druk op Soedan toegepas.

Bron: ANP, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Jammer as ek herhaal. (kommentaar verdwyn eenvoudig)
Geloof sonder dade is dood. Sy het geglo en gedoen.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jasper

Al die kommentaar word eers outomaties deur ‘n “spam-filter” goedgekeur voordat dit gepubliseer word. Soms neem hierdie proses bietjie langer as gewoonlik en verskyn die kommentaar nie dadelik nie. Jammer vir die ongerief, ons sien jou vorige kommentaar is inderdaad goedgekeur en gepubliseer.

Groetnis
Suné van Heerden
namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.