Soektog duur voort na Lesotho se eersteministersvrou

Lesotho se eersteministersvrou, Maesaiah Thabane. (Foto: Facebook)

Owerhede in Lesotho is Donderdag steeds op soek na die eersteministersvrou Maesaiah Thabane en die eerste minister se woordvoerder, Relebohile Moyeye.

Thabane het in 2017 met eerste minister Thomas Thabane getrou. Sy het kort ná haar man se vorige vrou doodgeskiet is, verdwyn toe die polisie haar wou ondervra oor die skietery.

Moyeye het na bewering Maesaiah gehelp om weg te kruip en die twee word daarvan verdink dat hulle met ʼn staatsvoertuig na Suid-Afrika gevlug het, het Paseka Mokete, woordvoerder van die polisie, Donderdag gesê.

Thomas se vorige vrou, Lipolelo, is in Junie 2017 doodgeskiet, kort voor die eerste minister met sy tweede ampstermyn begin het. Die egpaar was in daardie stadium nog in ʼn lang egskeidingstryd gewikkel en Thomas was reeds in ʼn verhouding met Maesaiah.

Die twee vroue het in die hof baklei oor wie die wettige eersteministersvrou moet wees en die regter het ten gunste van Lipolelo beslis.

Maroela Media het berig die polisie het verlede week ʼn lasbrief uitgereik vir Maesaiah se inhegtenisneming nadat sy geweier het om ondervra te word oor die skietery.

Die opposisie versoek intussen dat die eerste minister moet bedank. Hy het ook die polisie se vrae van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Klink soos ‘n uittreksel uit “Days of our Lives”.. Goeie genade.

Willie ·

Gaan kyk in Sandton City…..hulle sal haar daar kry. besig om ‘luxury goods’ te koop.

Fanie Vaalbos ·

Sy shop rond in Sandton saam haar maatjies …die kant van die Lesotho draad.

Katrien ·

Fanie .. die draad wat nie meer baie lank daar gaan wees nie …

Patch ·

Soek in SA, sy sal beslis hier iewers wees in een of ander eksklusiewe hotel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.