Soektog duur voort na vermiste SA-vliegtuig

Baron 55ʼn Pa en seun wat Sondag met hul Baron 55-vliegtuig oor Mosambiek vermis geraak het, is nog nie opgespoor nie.

Maroela Media het Dinsdag berig die burgerlike lugvaartowerheid (CAA) is op soek na die vliegtuig. Die CAA sê die Suid-Afrikaanse geregistreerde Baron 55, met die twee persone aan boord, was onderweg van Malawi na Lanseria toe dit vermis geraak het. Die laaste kommunikasie wat van die vliegtuig ontvang is, was Sondag om 06:47. Die vliegtuig se laaste lugposisie was 10:56 oor Mosambiek aangeteken.

Die man en sy seun is albei van Midrand in Johannesburg.

Intussen berig EWN Suid-Afrikaanse reddingspanne is na die gebied, waar die laaste lugposisie aangeteken is, ontplooi om na die vliegtuig te soek. Mense met inligting oor die vliegtuig kan by 011 545 1000 met die CAA in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.