Soektog na MH370 dalk binne weke opgeskort

Argieffoto

Argieffoto

Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines se vlug MH370 “kan nie vir ewig duur nie” en Australië is in gesprek met Maleisië en China om moontlik binne enkele weke die soektog te staak.

Só het Warren Tuss, Australiese vise-premier, gesê.

Dit sal Sondag presies ’n jaar wees sedert die Boeing 777 met 239 insittendes verdwyn het nadat dit in Maleisië opgestyg het.

’n Nederlandse span met verskeie skepe en duikbootjies het reeds sowat 40 persent van die finale soekgebied van 60 000 vierkante kilometer gefynkam. As dié soektog niks oplewer nie, sal enige verdere ondersoek té duur word.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Vlug MH370.

Bronne: ANP, Reuter, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.