Soektog na vermiste AirAsia-vliegtuig hervat

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Die soektog na AirAsia Indonesia se Vlug QZ8501 wat Sondag tussen Surabaya en Singapoer verdwyn het, het Maandagoggend om 06:00 (GMT+7) hervat.

Die lugredery het bevestiging ontvang van die Nasionale Soek- en Reddingsagentskap van die Republiek van Indonesië (Basarnas) dat ʼn internasionale soek- en reddingspoging van Indonesië, Singapoer en Maleisië van stapel gestuur is.

Die lugredery het in ʼn verklaring dit weereens benadruk dat hy alle pogings ondersteun en sy volle samewerking bied.

AirAsia het intussen ʼn korreksie gepubliseer oor die nasionaliteit van die passasiers en bemanning aan boord QZ8501. Een van die passasiers is van die Verenigde Koninkryk, een van Singapoer, een van Maleisië, drie van Suid-Korea, en 149 van Indonesië. Een van die bemanningslede is van Frankryk en ses van Indonesië.

Die vliegtuig, ʼn Airbus A320-200 met registrasienommer PK-AXC het verdwyn nadat die kaptein, met 20 537 vlugure ervaring, versoek het om die vlugroete aan te pas weens slegte weersomstandighede.

Lees alle berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.