Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort

malaysia airlines vermiste vliegtuigDie soektog na die wrak van Vlug 370 van Malaysia Airlines wat vermis geraak het, hervat Woensdag.

Altesaam 12 vliegtuie en twee skepe van Amerika, China, Japan, Suid-Korea, Australië en Nieu-Seeland neem aan die soektog deel om moontlik ʼn enkele stuk van die vliegtuig op te spoor as bewyse dat die vliegtuig neergestort het.

Maleisië het vroeër vandeesweek aangekondig dat die analise van die laaste satellietseine van die vliegtuig bo redelike twyfel bewys het dat die vliegtuig in die see neergestort en al 239 mense aan boord gesterf het.

Die soektog strek oor 1.6 miljoen vierkante kilometer, ongeveer die grootte van Alaska.

Ongeveer twee derdes van die vermiste passasiers was van China.

Die bevindings is gebaseer op die analise van Inmarsat, ʼn Britse maatskappy, wat kort seine van die vliegtuig ontvang het.

Die vliegtuig het op 8 Maart verdwyn kort nadat dit by Kuala Lumpur opgestyg het onderweg na Beijing.

Owerhede ondersoek verskeie moontlikhede, insluitend meganiese of elektriese probleme, kaping, sabotasie, terrorisme of selfs kwessies wat verband hou met die geestelike toestand van die vlieëniers of enigiemand anders aan boord.

Die soektog is dringend, aangesien Vlug 370 se swartboks binne twee weke sy batterykrag kan verloor en dan sal ophou om ʼn sein uit te stuur. Die batterye is ontwerp om minstens ʼn maand lank seine te stuur.

David Ferreira, ʼn oseanograaf by die Universiteit van Reading in Brittanje, het gesê die seebed waar die vliegtuig vermoedelik neergestort het, is onbekende terrein. “Ons weet meer oor die oppervlak van die maan as die gedetailleerde topografie van die seebodem in daardie gedeelte van die Indiese Oseaan,” het Ferreira gesê.

-SAPA. Pitman het van Kuala Lumpur berig. AP-skrywers Eileen Ng in Kuala Lumpur, Christopher Bodeen en Didi Tang in Beijing, Danica Kirka in Londen, Kristen Gelineau in Sydney en Nick Perry in Wellington, Nieu-Seeland het tot die berig bygedra.

Lees ook:
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.