Soektog na vermiste vliegtuigwrak uitgestel

malaysia airlinesDie soektog na die vermiste Maleisiese vlug MH370 is vir eers uitgestel weens tegniese probleme.

Australië se gesamentlike koördineringsagentskap, wat die soektog lei, sê die mini-duikboot wat vir die soektog gebruik word was vir slegs sowat twee ure in die water voor dit verwyder moes word. Die agentskap sê hulle benodig bykomende onderdele wat van Brittanje af gestuur moet word.

Vlug MH370 het op 8 Maart spoorloos verdwyn met 239 mense aan boord. Daar word vermoed dat die vliegtuig in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van radar verdwyn het.

Die intensiewe lug- en seesoektog na die vermiste Boeing 777 is einde verlede maand drasties afgeskaal. Volgens beamptes sal daar egter ‘n meer intensiewe ondersese soektog van stapel gestuur word. Daar sal na verwagting toerusting gebruik word wat tot 4 500m diep kan soek.

Lees ook:
Vermiste vliegtuigwrak steeds soek
Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.