Soektog na vlug MH370 binnekort gestaak

Die wrakstuk wat by Mosambiek uitgespoel het en moontlik deel kan wees van die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines

Die wrakstuk wat by Mosambiek uitgespoel het en moontlik deel kan wees van die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines

Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 word binne die volgende twee weke gestaak.

Liow Tiong Lai, Malaysia se minister van vervoer, het Vrydag gesê die soektog is in die finale stadium, maar owerhede hoop daar sal in hierdie laaste tyd ʼn deurbraak wees om die vliegtuig op te spoor. “Ons is besig met ons finale rondte binne die volgende twee weke. Ons hoop ons kan die vliegtuig vind en die soektog sal vrugte afwerp,” het hy aan verslaggewers gesê.

Malaysia Airlines Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 tussen Kuala Lumpur en Beijing verdwyn met 239 mense aan boord. Kenners glo die vliegtuig was wyd van koers af.

Die Australiese Transport Security Bureau lei die soektog, wat fokus op 120 000 km² van die Indiese Oseaan. Liow het gesê ʼn drieledige vergadering sal met die Australiese en Chinese regerings gehou word sodra die soektog afgehandel en ʼn verslag beskikbaar is.

“Baie aannames kan gemaak word, maar ons kan niks op aannames grond nie. Ons het geloofwaardige bewyse nodig om na die vliegtuig te soek, dus wag ons nou vir die finale verslag,” het hy gesê. Die laaste soekvaartuig het verlede maand vertrek om vir oulaas die suidelike Indiese Oseaan te deursoek.

Maroela Media het vroeër berig die minister het voorheen bevestig twee wrakstukke, wat vroeër in Mosambiek opgetel is, onderskeidelik deur ʼn Amerikaner en ʼn tiener van KwaZulu-Natal, is “hoogs waarskynlik” wrakstukke van die vermiste vliegtuig. ʼn Deel van die vlerk is in 2015 op Reunion-eiland opgetel.

Die families van die passasiers wat verdwyn het, dring daarop aan dat die soektog nog voortgesit word, veral nadat sommige kenners gesê het die ondersoekers soek moontlik op die verkeerde plek.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Hulle het 75 jaar na die Titanic gesoek. Nadat hulle geweet het waar dit gesink het.
Hopelik sal tegnologie voor 2089 die vliegtuig vind.

Koos1 ·

Met ‘n dronk loots so ‘n paar dae terug agter die stokke van ‘n vliegtuig en lootse wat hulle lughawe met 100 myl mis, glo ek dit was heel moontlik ook “pilot error”. Die probleem is vir die families. Sonder ‘n liggaam moet jy jare wag vir ‘n dood sertifikaat. Daar sonder betaal geen polis of enige iets uit nie!

Student ·

Dis interressant dat die eksperts niks gecind het nie, terwyl amateurs wel stumble gevind het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.