Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 is gestaak, byna drie jaar nadat die vliegtuig spoorloos verdwyn het.
Die Australiese regering se Joint Agency Coordination Centre (JACC) het Dinsdag gesê ten spyte van die bes moontlike tegnologie wat gebruik is in ʼn poging om die vliegtuig op te spoor, was die soektog onsuksesvol. Die JACC het die soektog na die Vlug MH370 naby Maleisië en China gelei.
“Vandag [Dinsdag] het die laaste soekvaartuig die onderwater-soekterrein verlaat. Malaysia Airlines Vlug MH370 is nie gevind in die 120 000 km²-onderwater-soekterrein in die suidelike Indiese Oseaan nie,” lui die verklaring.
Malaysia Airlines Vlug MH370 het op 8 Maart 2014, ongeveer ʼn uur nadat dit opgestyg het, tussen Kuala Lumpur en Beijing verdwyn met 239 mense aan boord. Kenners glo die Boeing 777 vliegtuig was wyd van koers af. “Die besluit om die onderwatersoektog op te skort is nie ligtelik of sonder spyt geneem nie,” het die JACC gesê.
Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.
Ek hoop hierdie tragedie is ‘n les vir vliegtuig vervaardigers.Dis duidelik ‘n fout gewees om die vliegtuig se opsporings stelsel so te maak dat hy afgeskel kan word deur ‘n mens.Dit mag nie kan gebeur nie.
Tiger jy is voorwaar n yster.
Niemand onder al die tien duisende vliegtuigontwerpers het al ooit daaraan gedink nie. Sjoe