Soektog na vlug MH370 gestaak

Wrakstukke wat vermoedelik deel was van vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 wat in 2015 gevind is. Foto: Reunion 1ere via AP

Wrakstukke, wat in 2015 gevind is, en vermoedelik deel was van die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370. Foto: Reunion 1ere via AP

Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 is gestaak, byna drie jaar nadat die vliegtuig spoorloos verdwyn het.

Die Australiese regering se Joint Agency Coordination Centre (JACC) het Dinsdag gesê ten spyte van die bes moontlike tegnologie wat gebruik is in ʼn poging om die vliegtuig op te spoor, was die soektog onsuksesvol. Die JACC het die soektog na die Vlug MH370 naby Maleisië en China gelei.

“Vandag [Dinsdag] het die laaste soekvaartuig die onderwater-soekterrein verlaat. Malaysia Airlines Vlug MH370 is nie gevind in die 120 000 km²-onderwater-soekterrein in die suidelike Indiese Oseaan nie,” lui die verklaring.

Malaysia Airlines Vlug MH370 het op 8 Maart 2014, ongeveer ʼn uur nadat dit opgestyg het, tussen Kuala Lumpur en Beijing verdwyn met 239 mense aan boord. Kenners glo die Boeing 777 vliegtuig was wyd van koers af. “Die besluit om die onderwatersoektog op te skort is nie ligtelik of sonder spyt geneem nie,” het die JACC gesê.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tiger ·

Ek hoop hierdie tragedie is ‘n les vir vliegtuig vervaardigers.Dis duidelik ‘n fout gewees om die vliegtuig se opsporings stelsel so te maak dat hy afgeskel kan word deur ‘n mens.Dit mag nie kan gebeur nie.

Simon ·

Tiger jy is voorwaar n yster.

Niemand onder al die tien duisende vliegtuigontwerpers het al ooit daaraan gedink nie. Sjoe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.