Die vonds is gemaak nadat sonarbeelde ’n groep voorwerpe op die seebodem getoon het in ’n omgewing waar daar andersins niks uitstaan nie. Nadere ondersoek het voorwerpe so groot soos krieketballe opgelewer, maar ook enkele groter voorwerpe waaruit duidelik bepaal kon word dat dit nie die vermiste vliegtuig is nie.
Die skeepswrak het ’n anker en verskeie brokstukke opgelewer. Die grootste brokstuk, ’n boksvormige voorwerp, is aan wetenskaplikes oorhandig wat skeepswrakke ondersoek.
Die Nederlandse skip, wat met die hulp van ’n onbemande duikboot na die vermiste vliegtuig soek, het tot dusver reeds ’n aantal vulkane op die seebodem gevind.