Soektog na vlug MH370 lewer skeepswrak op

'n Sonarbeeld van die items wat gevind is.

‘n Sonarbeeld van die items wat gevind is.

Daar is nog geen teken van die vermiste Malaysia Airlines-vlug MH370 nie, maar een van die bote wat aan die soektog daarna deelneem, het ’n skeepswrak op ’n diepte van sowat 4 km ontdek.

Die vonds is gemaak nadat sonarbeelde ’n groep voorwerpe op die seebodem getoon het in ’n omgewing waar daar andersins niks uitstaan nie. Nadere ondersoek het voorwerpe so groot soos krieketballe opgelewer, maar ook enkele groter voorwerpe waaruit duidelik bepaal kon word dat dit nie die vermiste vliegtuig is nie.

Die skeepswrak het ’n anker en verskeie brokstukke opgelewer. Die grootste brokstuk, ’n boksvormige voorwerp, is aan wetenskaplikes oorhandig wat skeepswrakke ondersoek.

Die Nederlandse skip, wat met die hulp van ’n onbemande duikboot na die vermiste vliegtuig soek, het tot dusver reeds ’n aantal vulkane op die seebodem gevind.

Trouw, Mediaverklaring Australian Safety Bureau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.