Sokkerlegende Diego Maradona oorlede

Diego Maradona (2012) (Foto: Deur Neogeolegend via Wikimedia Commons)

Die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona is Woensdag oorlede, net ʼn paar dae ná hy sy 60ste verjaarsdag gevier het.

Matias Morlahas, Maradona se prokureur, het gesê Maradona is in sy huis weens ʼn hartaanval oorlede, net twee weke ná hy ʼn operasie ondergaan het weens ʼn bloedklont op sy brein.

Maradona word beskou as een van die beste sokkerspelers van alle tye. Sy persoonlike lewe was net so omstrede te midde van ʼn stryd met alkohol- en dwelmverslawing.

Hy het in 1986 die Wêreldbeker met sy Argentynse span gewen toe hulle Engeland uit die toernooi geknikker het in ʼn wedstryd waar hy die bekende “Hand van God”-doel aangeteken het.

Maradona het op 30 Oktober sy 60ste verjaarsdag gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Groot legende totdat hy met dwelms begin het. Ek was ook daar, maar die Skepper het my gehelp om dit te los.

Androclus ·

Negatiewe merkies julle was seker te klein toe hy daardie woorde gesê het.Don’t cry for me Argentinië,tsekmantsek

Elmarie ·

Mike, RESPEK ou maat. Ek ken ook mense wat deur daardie stryd is en weet dit isnie maklik. RESPEK vir jou en almal soos jy!

Genis ·

Hartseer dis n groot legend in die sokker wereld… Een van die beste spelers wat op die aarde geloop het… Trots op jou Mike… “Give that man a milk”…

Moedeloos ·

My jongste seun het in 2006 skole rugby toer gehad Argentinia toe en hul het op n plein gestaan ek kyk hoe hierdie sokker span speel en saam met die inwoners geskreeu en gedans. Dit was vir hierdie seuns n spesiale hoogte punt in hul lewens.

JohanR ·

Hy het hard gelewe en hard partytjie gehou met al wat dit vir ‘n beroemde persoon bring. Ek dink sy liggaam het net te veel gehad. Hy kon toer met ‘n bal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.