Sokkerwedstryd gekanselleer weens ‘terreurbedreiging’

Foto: Ralf Roeger/dpa via AP

Foto: Ralf Roeger/dpa via AP

ʼn Sokkerwedstryd tussen Nederland en Duitsland in Hannover is Dinsdagaand gekanselleer kort voordat dit sou begin.

Die wedstryd is gekanselleer omdat die owerhede vermoede het daar is ʼn bom in die stadion. Ná ʼn uitgebreide soektog kon die Duitse polisie geen plofstof vind nie. Hannover se hoof van polisie, Volker Kluwe, het gesê hulle het konkrete inligting ontvang dat iemand in die stadion plofstof sou laat ontplof.

Die Duitse minister van binnelandse sake, Thomas de Maisiére, het die wedstryd is onmiddellik gekanselleer nadat die inligting ontvang is. Volgens die ARD-nuusdiens is die inligting van die Franse geheimediens ontvang. Volgens die inligting is ʼn aanval in Duitsland tydens ʼn groot sportgeleentheid glo beplan.

Ná die aanvalle in Parys was die sokkerwedstryd bedoel om aan alle terroriste te wys dat Europa nie bang is nie en die normale lewe sal voortgaan. Die Duitse minister van finansies, Wolfgang Schäuble, het intussen voorgestel dat soldate van die Bundeswehr ontplooi moet word, aangesien die polisiemag nie genoeg personeel het nie. Die Duitse grensgebied sal nie gesluit word nie.

Die Duitse grensgebied is 3 500 km lank en dit is moeilik om dit te beveilig. Volgens hom is die sluiting van grense nie die antwoord op terrorisme nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eddie ·

Ek weet regtig nie waar gaan hierdie ding stop nie. Daar is soveel vrees in almal dat dieselfde gaan gebeur as in Paris. Dit is presies wat hierdie (kan hulle nie eers mense noem nie) goed wil he. Die angs op elke mens se gesig wat in die Here glo. Hoe tragies dit is moet ons nie die Here veraai en se ons ken hom nie. Dit is nou die tyd om jou geloof eerste te sit. Hulle is lafhartige barbare wat nie sal skroom om n lewe te vat van onskuldige mense en kinders om hulle siek geloof te bewys nie. Ek hoop van harte dat die goed van die aardbol verwyder sal word en so gou as moontlik. Hulle sal alles in hul vermoe doen om paniek en vrees onder almal te saai. Ek sien op ander nuus daar word gese Suid Afrika is nie in hulle planne nie. Dit kan ek nogal glo in n mate. Met die terroriste wat tans hier by ons is en moor en steel kan ek se ons staan n beter kans teen Isis as teen die klomp. Hulle kom ten minste nie in die nag in jou huis en moor jou in jou bed nie. Ai dit is n siek wereld waarin ons leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.