Soldaat se brief ná 1 800 jaar ontsyfer

soldier-letter-back‘n Egiptiese soldaat in die Romeinse leër se brief aan sy mense tuis is 1 800 jaar ná dit geskryf is, uiteindelik ontsyfer.

Egipte was destyds onder Romeinse beheer.
Die soldaat, Aurelius Polion, was vermoedelik in die huidige Hongarye gestasioneer. Sy brief aan sy ma, broer en suster, vertel van verlange, maar ook verwyte dat die familie nie terugskryf nie. Hy het hoofsaaklik in Grieks geskryf.

Die soldaat skryf hy is bekommerd oor sy familie, en beplan om sy bevelvoerder te vra vir verlof sodat hy na sy gesin kan terugkeer om vas te stel of alles tuis nog in die haak is.

Die brief was deel van ‘n groot hoeveelheid dokumente wat meer as ‘n eeu gelede in ‘n tempel in die Egiptiese dorp Tebtunis gevind is. Dit is nou eers vertaal.

Die volledige berig in die Live Science kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.