Sommige inwoners van Fukushima mag terugkeer

‘n Wag by die 20 km-spergebied. Foto: Reuters

‘n Wag by die 20 km-spergebied. Foto: Reuters

Sowat 357 mense wat na die aardbewing en tsunami van 2011 die gebied rondom die beskadigde Fukushima-kernkragsentrale ontruim het, mag na hul huise terugkeer.

Dit is net ‘n fraksie van die duisende mense wat in ‘n radius van 20 km om die sentrale ontruim is. Die regering in Japan het Dinsdag die besluit geneem dat die persone mag terugkeer. Terwyl sommige persone dankbaar en verlig is, is ander egter te bang om terug te keer.

Sowat 19 000 mense is in die aardbewing en tsunami dood, en ongeveer 100 000 mense is ontruim. Die radioaktiewe skoonmaak van die kragsentrale sal na verwagting nog dekades duur.

Bron: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.