Son se “boetie” gevind

Foto: csmonitor.com

Foto: csmonitor.com

Wetenskaplikes het bepaal dat ‘n ster in die konstellasie van Herakles uit dieselfde newel van gas en stof as die son ontstaan het.

Die ster, wat as HD 162826 bekend staan, is 110 ligjare van die aarde af, en is 1,5 keer so groot as die son. ‘n Span wetenskaplikes onder die leiding van Ivan Ramirez van die Universiteit van Texas het die elemente in verskillende sterre ondersoek en met dié van die son vergelyk, en uitgedun tot net HD 162826 oorgebly het.

Daar word geraam dat die son tussen 10 000 en 100 000 boeties en sussies het. Die bevindings word binnekort in die Astrophysical Journal gepubliseer.

Meer kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.