Die aarde is op 23 Mei 1967 byna in ’n Derde Wêreldoorlog gedompel, toe ’n sonvlam verskeie van die VSA se radarinstallasies buite werking gestel het. Die Amerikaners het geglo dit was die Russe se werk en dus ’n oorlogsdaad en Amerikaanse vliegtuie wat met kernwapens toegerus was, het gereed gemaak om op te styg.
Gelukkig het die VSA toe ook al ’n ruk lank in sonnavorsing belê en navorsers kon betyds hul opwagting maak om die situasie te ontlont.
Die sonfakkel wat op 23 Mei die radar uitgeskakel het, was so intens dat dit met die blote oog van die aarde gesien kon word.
’n Verslag oor die voorval het pas in die vakjoernaal, Space Weather, verskyn.
Bronne: Space Weather, Christian Science Monitor
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Hoe de hel is dit nuus?
Langjan
Mens kyk nie n gegewe perd in die bek nie. Jy kan altyd gaan betaal vir nuus nuus op Netwerk24.
Ek geniet Maroela media. Nuus moet verniet wees, soos oom Japie se Biltong op die plaas.
Sjoe, amper..
Dit was nou ‘n baie interessante berig.
Ek vermoed sulke uitbarstings broei weer. Die VSA sal enigiets gebruik om Rusland in ‘n negatiewe lig te stel. Pateties. Sommige weerkundiges is seker die sg aardverwarming word nie deur aardbesoeling veroorsaak nie (al is dit erg) maar deur sonverhitting tydens die ruil van die pole op die son wat gedurigdeur plaasvind. Die’ teorie word deur die VSA afgeskiet want dit pas nie in by hul plan vir wereldoorheersing nie. Wanneer sien ons weer ‘n 007-fliek om die aardlinge verder te breinspoel met die gedagte dat die Weste die liefling van die hemelruim is, veral die VSA; die ultra-‘super’-redder van… Lees meer »