Sonuitbarstings veroorsaak amper Derde Wêreldoorlog

Foto: ’n Sonvlaml in 2011 wat weg van die aarde gerig was.

Foto: ’n Sonvlaml in 2011 wat weg van die aarde gerig was.

Die aarde is op 23 Mei 1967 byna in ’n Derde Wêreldoorlog gedompel, toe ’n sonvlam verskeie van die VSA se radarinstallasies buite werking gestel het. Die Amerikaners het geglo dit was die Russe se werk en dus ’n oorlogsdaad en Amerikaanse vliegtuie wat met kernwapens toegerus was, het gereed gemaak om op te styg.

Gelukkig het die VSA toe ook al ’n ruk lank in sonnavorsing belê en navorsers kon betyds hul opwagting maak om die situasie te ontlont.

Die sonfakkel wat op 23 Mei die radar uitgeskakel het, was so intens dat dit met die blote oog van die aarde gesien kon word.

’n Verslag oor die voorval het pas in die vakjoernaal, Space Weather, verskyn.

Bronne: Space WeatherChristian Science Monitor

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Luister ·

Dit is tog interessant. Ek wonder of jy net slegte nuus wil lees.

neelsie ·

Wat het die hel nou hiermee te doen!!?
Wees meer dankbaar en positief asseblief.

Natasha ·

Langjan

Mens kyk nie n gegewe perd in die bek nie. Jy kan altyd gaan betaal vir nuus nuus op Netwerk24.
Ek geniet Maroela media. Nuus moet verniet wees, soos oom Japie se Biltong op die plaas.

John ·

Ek vermoed sulke uitbarstings broei weer. Die VSA sal enigiets gebruik om Rusland in ‘n negatiewe lig te stel. Pateties. Sommige weerkundiges is seker die sg aardverwarming word nie deur aardbesoeling veroorsaak nie (al is dit erg) maar deur sonverhitting tydens die ruil van die pole op die son wat gedurigdeur plaasvind. Die’ teorie word deur die VSA afgeskiet want dit pas nie in by hul plan vir wereldoorheersing nie. Wanneer sien ons weer ‘n 007-fliek om die aardlinge verder te breinspoel met die gedagte dat die Weste die liefling van die hemelruim is, veral die VSA; die ultra-‘super’-redder van alle goeie mense (wat dit ookal beteken).

KarooKlong ·

Langjan, die laaste sin ” ‘n verslag oor die voorval het pas…..” maak dit nuus.

Francie ·

Ai tog Langjan, afgesien daarvan dat jy ‘n interessante berig as belaglik afmaak, vind jy dit nog nodig om ‘n kragwoord ook te gebruik. Ek is verbaas dat jou kommentaar geplaas is, dit klink nie of jou dag goed verloop het nie? Ekself put oneindige plesier daaruit om van sulke ‘nuttelose’ inligting kennis te neem. ‘n Mens stel tog belang wat in die wêreld om jou aangaan.

Bloues ·

Dankie Herman/Maroela, dis baie leersaam en ook John se siening hieroor

johann cb ·

So byna was my kort lewe verby en ek was nie eens daarvan bewus nie! Sjoe, hoe bly is ek nou! Dit is die beste nuus wat ek in 50 jaar gehoor het!

Wondermaarnet ·

Dalk moet meer mense meer bekommerd raak dat die Amerikaners so vinnig hulle vliegtuie vol kernwapens laai…

humor ·

Los tog vir Langjan uit. Jul maak hom net meer sinies en suur. Waarom laat jul toe dat hy jul ontstug. Geniet die dag!!!!!!!!!!!!

DewaldS ·

Sjoe – dis nou baie interessant en alhoewel vir sommige mense ou nuus, nog steeds vir ons almal goeie nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.