Sonuitbarstings veroorsaak amper Derde Wêreldoorlog

Foto: ’n Sonvlaml in 2011 wat weg van die aarde gerig was.

Foto: ’n Sonvlaml in 2011 wat weg van die aarde gerig was.

Die aarde is op 23 Mei 1967 byna in ’n Derde Wêreldoorlog gedompel, toe ’n sonvlam verskeie van die VSA se radarinstallasies buite werking gestel het. Die Amerikaners het geglo dit was die Russe se werk en dus ’n oorlogsdaad en Amerikaanse vliegtuie wat met kernwapens toegerus was, het gereed gemaak om op te styg.

Gelukkig het die VSA toe ook al ’n ruk lank in sonnavorsing belê en navorsers kon betyds hul opwagting maak om die situasie te ontlont.

Die sonfakkel wat op 23 Mei die radar uitgeskakel het, was so intens dat dit met die blote oog van die aarde gesien kon word.

’n Verslag oor die voorval het pas in die vakjoernaal, Space Weather, verskyn.

Bronne: Space WeatherChristian Science Monitor

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Gedoriewaar, Ruimte, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Langjan

Hoe de hel is dit nuus?

Natasha

Langjan

Mens kyk nie n gegewe perd in die bek nie. Jy kan altyd gaan betaal vir nuus nuus op Netwerk24.
Ek geniet Maroela media. Nuus moet verniet wees, soos oom Japie se Biltong op die plaas.

Maria van Dieweeck

Sjoe, amper..

Nico K

Dit was nou ‘n baie interessante berig.

John

Ek vermoed sulke uitbarstings broei weer. Die VSA sal enigiets gebruik om Rusland in ‘n negatiewe lig te stel. Pateties. Sommige weerkundiges is seker die sg aardverwarming word nie deur aardbesoeling veroorsaak nie (al is dit erg) maar deur sonverhitting tydens die ruil van die pole op die son wat gedurigdeur plaasvind. Die’ teorie word deur die VSA afgeskiet want dit pas nie in by hul plan vir wereldoorheersing nie. Wanneer sien ons weer ‘n 007-fliek om die aardlinge verder te breinspoel met die gedagte dat die Weste die liefling van die hemelruim is, veral die VSA; die ultra-‘super’-redder van… Lees meer »