Altesaam 29 334 Suid-Afrikaners in die buiteland is geregistreer om Saterdag hulle kruisie te trek vir die 2019- nasionale verkiesing, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bekend gemaak.
Dié Suid-Afrikaners sal vandag op Vryheidsdag, presies 25 jaar ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994, hulle stem laat tel.
Só lyk die tien buitelandse missies met die meeste kiesers:
Londen, Engeland: 9 084
Dubai, Verenigde Arabiese Emirate: 1 542
Den Haag, Nederland: 1 355
Canberra, Australië: 1 195
Abu Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate: 1 061
Wellington, Nieu-Seeland: 927
Dublin, Ierland: 817
Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo: 797
New York, Amerika: 605
Doha, Katar: 566
Maroela Media het vroeër berig die stembriewe word verseël en per diplomatieke possak na Suid-Afrika gestuur om in Pretoria getel te word.
Kiesers in die buiteland kan slegs op die nasionale stembrief stem. Hulle kry nie provinsiale stembriewe nie.
Indien al dié geregistreerde kiesers in die buiteland stem, is dit amper genoeg om ’n volle setel in die parlement vol te maak – en daardie buitelandse stemme gaan tradisioneel met ’n massiewe meerderheid aan die DA, wat in 2014 meer as 84% van die buitelandse stemme getrek het, met die ANC tweede.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
48 Kommentare
Genade, waar is die res van hulle, het hulle hul SA burgerskap opgesê en die land afgeskryf?
Alles goed en wel, maar hoekom nie nou al die stemme tel sodra dit hier in Suid Afrika is nie?
Vra maar net?
Daar is meer mense wat nie stem nie , as die wat stem. Dit noem mens n demokrasie , maar dit werk net vir sekeres! Die meerderheid glo nie politici se beloftes nie! Kyk maar na die vorige verkiesing se syfers wat aandui hoeveel mense kon stem, maar nie gestem het nie
Die stem briewe word geseel en na die SA ambassades met ANC kader geneem wat dit dan na die verkiesings kommissie stuur. Watter versekering is daar dat die kaders nie daarmee gaan peuter nie net soos in die res van afrika al grbeur het. Wat n klug
Solank hulle net VF+ gestem het.