Spaanse vroue kry dalk siekverlof vir menstruasie

(Foto: Argieffoto, Pixabay)

Spanje beplan om mediese verlof in te stel vir vroue wat aan erge menstruasiepyn ly.

’n Konsepwetsontwerp wat na verwagting volgende week voor die Spaanse kabinet voorgelê sal word, lui dat vroue drie dae per maand verlof kan neem. In sommige omstandighede kan dit selfs tot vyf dae verleng word.

BBC en The Guardian berig dat die konsepwetsontwerp daarop dui dat drie dae siekverlof vir menstruasiepyn toegelaat sal word indien die vrou ’n doktersbrief kan wys. Dié verlof kan moontlik tot vyf op ’n tydelike grondslag strek vir vroue wat besonder intense pyn ervaar.

Dié verlof sal egter nie toegestaan word aan diegene wat ligte ongemak ervaar nie.

Indien die konsepwetsontwerp slaag, sal Spanje die eerste Westerse land wees wat sulke wetgewing instel, berig Daily Mail.

“Daar is tans ’n handjievol lande wêreldwyd wat menstruasieverlof aan vroue toestaan, waaronder Japan, Indonesië en Suid-Korea,” lui die berig.

Die konsepwetsontwerp vorm deel van ’n wyer benadering van die Spaanse regering om menstruasie as ’n gesondheidstoestand te behandel. Die sluit in die afskaffing van belasting op sommige higiëneprodukte – die sogenaamde “tamponbelasting” – en gratis higiëneprodukte wat by openbare sentrums (soos skole en tronke) beskikbaar gestel word.

Die konsep fokus ook op verlengde betaalde kraamverlof voor bevalling en veranderinge aan aborsiewette in wat vroeër vanjaar deur die minister van gelykheid, Irene Montero, uiteengesit is.

Een van dié veranderinge bepaal dat ’n meisie van 16 en 17 jaar oud wat ’n aborsie wil ondergaan, kan voortgaan sonder die toestemming van ouers of voogde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

AmY ·

Né!
Nou het ek wraggies alles gehoor (én gelees.)
Vandag se vrouens is ‘n klomp sissies.
Ek het óók gesukkel daarmee, en is elke dag skool en later werk toe.

May10 ·

Het jy PCos of endo? As jy nie het nie raai ek jou aan om nie n opinie hieroor te he nie.

AmY ·

Ja. En ek was elke dag op my pos. Het selfs my eksamens met erge pyn gaan skryf. Het selfs elke dag ver met die trein werk toe gery.
My voorvaders ( moeders) is oor die Drakensberge met daai erge pyn.

ameli ·

Liewe land dan gaan skoolgaande dogters ook afvat. Dis al geslagte deel van ons vrouens. En ons cope daarmee, glo my ek ook een v daai met erge pyn maar ek drink my pynpille en gaan aan, mens kan nie v als n rede soek om in die bed te bly nie. Snaaks hoe party vrouens veg v gelyktheid in die werksplek en salarisse maar dan wil hul weer afvat en gepamerlang word wnr maandstonde inskop. Man up woman. Ons is ysters, ons kan babas in die wêreld bring.

Suzette ·

PCos en endo, menigte sukkel daarmee. Daar is baie goeie pynstillers beskikbaar. Geen rede om “siek verlof” daarvoor te neem nie. Dis belaglik verby. Ek bedank eerder voor ek my werkgewer elke maand 3-5 dae met so n sieknota gooi.

Cherokee ·

Man up woman… jy’t my dag gemaak!
Nou wonner ek of mans kan backpay kry ter wille van hul vrouens, om vir die vroue mooi dinge te koop.

piet ·

My ondervinding is dat baie vroue nog meer verwag. So vergeet maar van backpay en gee jou vrou ‘n 13 de tjek.

KatjieDeKat ·

Presies! Glo my dit was Erg vir my maar mens het maar skool en werk toe gegaan.

May10 ·

Nee dit doen nie. Asseblief gaan doen navorsing. Vrouens met endometrosis en PCOS , ervaar ongelooflik baie pyn!!!!!

piet ·

Hoe gaan hulle weet hoe erg dit is? Belaglik in elk geval, ek kan my nie voorstel dat daar nie beskikbare oor-die-toonbank medikasie beskikbaar is wat voldoende is nie. Genade, as ‘n man met verskriklike gout-aanvalle steeds werk toe kan gaan, moet vroue ook maar vasbyt.

Grassie ·

Dit was ongeveer sestig jaar gelede ook so in die staatsdiens in ons land. Dames kon een dag per maand by die huis bly en dit is nie van hulle verlofvoordele afgetrek nie.

Amelia ·

Ek glo hierdie wetgewing is ingestel vir vroue wat ly aan endometriose. Dit is nie gewone maandstonde krampe nie en kan vergelyk word met die pyn van geboorte skenk. Vir almal wat nou hier so gal braak (mans EN vroue nogals) kan ek maar net sê dank julle sterre dat julle nie hierdie pyn ken nie en julself duidelik nie eers naastenby kan indink hoe dit moet voel nie.

Anonymouse ·

As mans gemenstrueer het sou dit orals al lankal ten miste 7 dae gewees het.

May10 ·

Meeste wat hier comment ‘vrouens sit aan’ is mans. Hulle sal by die dood omdraai as hulle dit moes ghead het.

May10 ·

Hierdie hele comment section maak my naar. Besef julle waardeur vrouens gaan met endometriosis en PCOS? As jy nie so iets het nie, asseblief hou jou snoel.

piet ·

Ek het hieroor gelees. Slegs in die minderheid van gevalle van hierdie toestand kan dit pynlik wees. In meeste gevalle is die toestand nie pynlik nie.

HJvdb ·

Sjoe….die wet kan maak dat besighede nog moeiliker vrouens gaan aanstel. n Besigheid kyk nie na geslag jnie, hul soek iemand wat sy werksverpligtinge so gereeld as moontelik kan nakom.

‘n normale maand het reeds net 21 werks dae, nou kan n vrou nog 3 dae afkry, dit los jou met 19 dae en sluit nie (Family responsibility leave) wat veral gebruik word deur n vrou wat kinder het om na kinder siektes om te sien.

En ek verstaan alles maar ek glo werkgewers gaan anders hierna kyk en eerder meer mans aanstel wat nie al die tipes verlof nodig het nie.

ANELEE ·

As mans hier op die komments al gesteeks is met n mes in hul blaas ,Behoort jul dan amper te weet hoe dit voel ….dis asof n mes ons aanhoudend steek in ons blaas daai die pyn verdwyn nie nou en dan nie …en nee nie een van die vrouens is pissies nie en ons het ook nie gevra om hier deur te gaan nie . jy kan nie nie dit vergelyk met andere sere nie glo my n mans sal nie da deur kan gaan so n vrou nie
sorry dog ma net ek verduidelik aan die mans wat die vergelyk met “gout”

Manie ·

En wat van arme mans wie se ore gereeld pyn van kerm en kla?

piet ·

May10, nogal nie. Oorerflikheid speel ‘n groot rol. My ondervinding is dat jou eetgewoontes eintlik glad nie ‘n groot faktor is nie. Maak nie saak wat jy eet of drink nie, kanse is uitstekend as dit in die familie is en as jy ‘n man van oor die 40 is (vrouens is nie geneig om gout te kry nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.