Spanje wil ebola-verpleegster se hond van kant maak

Excalibur

Excalibur

Die Spaanse regering se voorneme om ʼn verpleegster, wat met die ebola-virus besmet is, se hond van kant te maak, het gelei tot grootskaalse protes en ʼn petisie wat reeds deur derduisende mense onderteken is.

NBC News berig dat die hond van gemengde ras van kant gemaak sal word en dan veras sal word. Die verpleegster het twee bejaarde Spaanse sendelinge behandel nadat hulle van Wes-Afrika af huis toe gevlieg het. Hulle het by die hospitaal gesterf.

Volgens die berig voer die owerhede in Madrid aan dat daar beskikbare wetenskaplike inligting is wat aandui dat die hond moontlik die dodelike virus aan mense kan oordra. Die verpleegster se man, wat intussen ook in afsondering geplaas is, het op sosiale media sy misnoeë met die owerhede se voorneme te kenne gegee. Hy het ook ʼn foto van die hond, Excalibur, op sosiale media versprei.

ʼn Petisie teen die owerhede se voorneme om Excalibur van kant te maak, is intussen op die change.org begin. Meer as 278 000 mense het reeds die petisie onderteken. Die petisie eis dat Excalibur nie van kant gemaak word nie maar ook in afsondering geplaas word.

Kliek hier vir vorige berigte oor die ebola-virus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.