Spanning in Zim op ʼn mespunt

Gewapende magte staan by ʼn voertuig op die pad wat lei na pres. Robert Mugabe se woning in Harare. Die weermag van Zimbabwe het Woensdag gesê die president en sy vrou is in huisarres geplaas. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Die situasie in Zimbabwe was Donderdag steeds uiters gespanne ná ʼn militêre oorname in die hoofstad, Harare, met Zimbabwiërs wat wonder wat die komende dae en weke gaan bring.

Reuters berig daar is steeds geen duidelikheid rondom die verwikkelinge van die oënskynlike staatsgreep wat hom tans in dié Afrika-land afspeel en of dit wel ʼn einde sal bring aan die presidentskap van die 93-jarige Robert Mugabe nie. Waar sy politiek-ambisieuse vrou, Grace, haarself bevind is ook nog nie duidelik nie, hoewel sommige bronne beweer sy het uit die land gevlug nadat haar man onderhandel het dat sy die land mag verlaat.

Mugabe sowel as sy vrou is deur die weermag in huisarres geplaas en volgens verskeie nuusberigte sal die president, wat al sedert 1980 aan bewind is, binne die volgende paar dae ʼn verklaring maak waarin hy die presidensiële teuels neerlê.

Die streekblok van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal na verwagting vandag ʼn dringende vergadering hou om die situasie te bespreek. Die volgende tydperk is kritiek terwyl Suid-Afrika se ministers van verdediging en staatsveiligheid, wat Woensdag deur pres. Jacob Zuma na Zimbabwe gestuur is, vergaderings met Mugabe en die weermag hou.

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Zuma het ook afvaardigings na Angola gestuur om met pres. Joao Lourenco, die voorsitter van die SAOG se liggaam vir politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, te vergader om hom van die situasie in te lig.

Die uiteindelike doel van die afvaardigings is nie duidelik nie, maar die reise is as “feitesendings” beskryf.

Aditi Lalbahadur, die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede (Saiia) se buitelandse beleidsprogram, het gesê wat onmiddellik van belang is, is om te verseker dat die situasie nie in algehele geweld ontaard nie.

“Die kort- tot mediumtermyn sal uitloop op ʼn verandering van regering, nie noodwendig van politieke partye nie, maar binne die Zanu-PF is dit duidelik dat Grace Mugabe se G40-faksie nie meer in beheer is nie,” het Lalbahadur aan African News Agency (ANA) gesê.

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Hoe vreedsaam die korttermyn scenario sal uitspeel, hang af van die reaksie van die Zanu-PF Jeugliga, wat die G40-faksie steun. Die liga het die weermag uitgedaag om verdere aksie te neem en het Constantino Chiwenga, die weermagbevelvoerder wat agter die oorname is, gedreig.

“Die langtermyn implikasie is hoe die nuwe regeringsfaksie by die streek betrokke gaan raak, Suid-Afrika sowel as die res van die wêreld, maar die belangrikste van almal, die Zimbabwiërs,” het Lalbahadur verduidelik.

Hoe die SAOG te werk sal gaan om die saak te hanteer, moet nog gesien word, aangesien die streek, met die uitsondering van Lesotho, nie gewoond is aan militêre staatsgrepe nie. “Suid-Afrika stel nie belang om troepe na Zimbabwe te stuur nie en oor die algemeen is Pretoria, wat deur Mosambiek en Botswana gesteun word, meer geneig om versoenend te wees in die oplos van streeksgeskille,” het hy gesê.

In teenstelling hiermee is Angola, Namibië en Zimbabwe geneig om meer militaristies op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Asmain ·

Hoekom gaan jy nou wil bel as jy in styl kan vlieg op belastingbetalers se geld?

Marianne ·

Dankie Meneer die President, nou is jou land basies ‘n oorlog zone wat wag om te ontplof, gaan jy vlug en ons land verder betrek….??? BASIES AL JOU BOERE EN halfte van joy burgers is reeds hier…..

MANIE ·

Dit is skokkend om te hoor die een wat mugabe wil opvolg n groter geskiedenis van moord en geweld het

KAIN ·

Daars nie meer veel oor wat hy kan opneuk nie. Hoop maar hy het tot inkeer gekom, weet nie wie gaan hy nou uitmoor nie … daar gaan niks meer aan daar nie … al vertel mense jou wat se mooi stories van Zim. Met ‘n werkloosheidsyfer van 93% dink ek nie dit is die mees vooruitstrewendste land nie, en ek dink nie daar is meer iets om oor te veg nie. Net droe braak land.

Rocker ·

JA ROBERT DESPOOT MUGABE. Ek sal love om jou gesig nou te sien, jou uitsprake en geskreeu en gespoeg na wittes, jou haat teen wittes, jy kon NET daaroor praat. Nie EEN van jou speeches het ooit iets anders bevat behalwe HAAT vir wittes en die ‘evil west’ nie, nou word jy deur jou EIE mense uitgewerp .. ek sal wat wou gee om jou gesig vandag te sien .. daardie aaklige uitdrukking op jou gesig, vol haat en nyd geen goeie woord vir blankes nie. Jou rassisme en geldgierigheid, jou jaloesie en vernietigende natuur het uiteindelik jou einde beteken. Ek hoop regtig nie vir ‘n goeie uitkoms vir jou nie, maar ek het gebid dat jy VERWYDER sal word voordat jy doodgaan, dat jy VERNEDER sal word soos jy ander verneder het .. en JOU DAG HET GEKOM!

ne ·

Ek lag lekker. Elke hond kry sy dag maar brakke kry sommer ‘n naweek. Hoop jou naweek hou lewenslank Mugabe en Kie! Hoop Nr 1 sien wat kan gebeur……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.