Die VSA het nou 8 500 troepe op “hoë gereedheidsbasis” geplaas aangesien Rusland weier om bes te gee deur sy teenwoordigheid aan die grens van Oekraïne te onttrek.
Volgens John Kirby, woordvoerder van die Pentagon, kan dié troepe ʼn opdrag kry om ondersteuning aan die Oos-Europese lede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) te bied. Hy sê die troepe kan binne vyf dae van die ontplooiing gereed wees om uit te beweeg. “Die VSA sal daadwerklik optree om enige bedreiging van ons nasionale bates deur Rusland te verdedig.”
Die soldate sal egter nie in Oekraïne self ontplooi word nie, aangesien dié land nie deel vorm van Navo nie, hoewel dié land daarna streef om ingesluit te word.
Dit is juis dié netelige kwessie wat Rusland wil laat appels swaai. Hy dring daarop aan dat Oekraïne nié by Navo ingelyf word en só verdere uitbreiding van Westerse instellings na die Ooste bewerkstellig nie. Die VSA kon egter tot dusver nie die versekering bied dat Oekraïne nié ʼn lid van Navo sal word nie.
Kirby sê Rusland se aksies verhoog die spanning op die Europese vasteland. Rusland het tot dusver ongeveer 100 000 troepe en swaar militêre toerusting binne trefafstand van Oekraïne geplaas. “Ons hou die situasie baie fyn dop,” het Kirby gesê. Die VSA en Engeland het reeds gewaarsku daar sal “drastiese gevolge” wees indien Russiese troepe hul voete in Oekraïne sit. Politieke kenners vergelyk die spanning tussen Rusland en die VSA met dié wat tydens die Koue Oorlog geheers het.
Rusland het tot dusver volgehou hy is nie van plan om Oekraïne binne te val nie, maar kon ook geen verduideliking vir die plasing van sy troepe op die grens gee nie. Russiese troepe is glo ook na Belo-Rusland gestuur vir opleiding.
Bronne: BBC, Independent, AFP
Die Russe klink vir my net soos ons regering. Se een ding maar doen dan die teenoorgestelde.
Die russe is besig om te krap waar dit nie jeuk nie soos gewoonlik. Plaas gebruik hul hul tyd, geld en energie om die gemors in hul land uit te sorteer.
Ja hoe durf hulle hul land so naby al die Amerikaanse weermagbasisse plaas!
En dit binne hul eie landsgrense ;-)
Die koue oorlog herleef weer, baie jare terug het Gorbachev gesê, sy woorde was, the war will start in the Ukraine.
Uitstekend geskryf, Elaine! Baie dankie vir jou goeie verduideliking.
Die Navomagte het eerste hul troepe in die Ukraïne op die grens met Rusland opgebou. Hoekom? Miskien moet hulle eerder terugtrek. Bogenoemde artikel is suiwer uit die oogpunt van die VSA onder Biden se ‘misguided’ leiding geskryf. Die ou oom moet dringend onttrek word… uit die Withuis. Die Russe ís in hul eie land. Dit is Navo se oorlog-stokers wat oortree.
Klink darem maar baie soos Hitler voor die 2de Wereldoorlog, almal verseker hy sal geen land binneval of oorlog verklaar en toe…..??
Die regte storie is – VSA en NAVO wil militêre basisse in Okraïne plaas, vlak teen Rusland se grens. Dit sal ‘n bedreiging vir Rusland inhou. Putin se optrede is daarop gemik om dit te voorkom. Die Oostelike deel van Oekraïne wil ook onafhanklik word en is Russies gesind. Putin steun hulle want as dit gebeur sal dit die voorgenome militêre basisse baie ver weswaarts terugstoot. Oekraïne wil die oostelike gebied met geweld onderdruk daarom is die Russiese weermag teen die grens ontplooi om hulle te ontmoedig.
Dankie Grassie, ek hoop mense word wakker en besef wie die grootste bedreiging vir die weste is, dit is definitief nie Rusland nie.
Derde wêreld oorlog ??
Sit ek nou dieselle en dink…
Die wereld moet ophou om in te meng met globale politiek. Poetin het die westerse lande voorheen gewaarsku dat stappe om Oekraïne by die NATO alliansie te bring gaan lei tot konflik en dat dit ‘n vyandige daad teenoor Rusland sal wees. Poetin is ongelukkig gewillig om geweld te gebruik om Rusland se belange te beveilig en om vyandelik op te tree. Indien die wereld hulle neuse uit hou waar dit nie hoort nie sal daar nie ‘n probleem wees nie. Oekraïne is strategies gelee en na die na-oorlogse uitbreiding van NATO in Europa kruip Europa al hoe nader aan Rusland. Daar is baie korrupsie in Oekraïne, ek vat as voorbeeld die geval waar Oekraïne Malaysia Airlines Vlug 17 (MH17/MAS17) neergeskiet het, dit was ‘n onskuldige geskeduleerde passasiersvlug wat onderweg was vanaf Amsterdam na Kuala Lumpur in 2014 terwyl dit oor Oos-Oekraïne gevlieg het. Al 283 passasiers en 15 bemanningslede is dood. Ons wat nie fisies daar woon nie sal nie die interne politiek verstaan nie.
Daardie passasiersvliegtuig is deur russiese seperatiste in oos oekraiene afgeskiet met wapens wat deur rusland voorsien is. Baie goeie bewyse hiervoor is gevind en deur almal so aanvaar.
Ja Pieter, almal in NAVO
Jy glo die hoofstroommedia-propaganda. Die vlugkajuit het soos ‘n sif gelyk van masjiengeweerkoeels. Alhoewel daar satellietdate beskikbaar was het die VSA geweier om dit vir die ondersoekers beskikbaar te stel. Poetin was daardie tyd op pad terug van ‘BRICs beraad in Suid-Amerika. Sy vliegtuig se kleure onder was amper dieselfde as die pasassiersvliegtuig.
Julle vaders, ooms, neefs en broers het gebloei op die grens teen die Rooi gevaar.
Al wat dit gevat het was n prentjie van Putin sonder n hemp op n perd en skielik is elke Afrikaner aan Rusland se kant.
Skaam julle.
Hulle het nie veel van ‘n keuse gehad nie. En diegene wat tog nagedink het, het ophou glo in die Skim, Tarzan en 007 met laasgenoemde die grootste breinvirus wat die Weste in hul filmlabs uitgebroei het. Met die Russe as die bose en Westerse vryers as helde; nou ingebed in almal se koppe. CNN lag lekker want sy cloud-regering floreer tydens dié immer-pandemie. Vandaar dat oupa By Then (reeds verby rakleeftyd, met ‘n nuwe datumstempel) en Flossie ‘regeer’ want hul verfilm weer Pinky and the Brain a la CIA.
Jy vergeet “A” dat dieselfde Russe wat nou regeer saam jou voorvaders teen die Ingelse gebloei het. Vergeet van Rooi Rusland, dit is nie die Rusland van vandag nie.
VSA krap alweer soos gewoonlik waar dit nie jeuk nie.
8500 troepe teen die Russe ?? julle gaan lekker les op se kyk maar wat met Hitler gebeur het
Hier kom ‘n oorlog, en daar word voorspel oor die 13000 soldate en burgerlikes kan sterf. Soe onnodig. Daar is ‘n skroef los in Putin se kop!
Hoekom Putin? Waarvan praat jy, hoe is Rusland nou die agressor!
Rusland se troepe is in Rusland, of mag hulle nie daar wees nie? Waar moet hulle dan wees?
Die kopstuk moes eerder lees:
“Spanning verhoog omdat Amerika 8500 soldate halfpad om die wêreld stuur, om Rusland te dreig”.
Die Amerikaners krap alweer waar dit nie juk nie. Miskien moet die VS, die EU eerder los om hulle energie-probleme self op te los, as om hulle weereens by sake te bemoei wat hulle duur te staan mag kom.
Sukkel met Rusland, en wen ook moeilikheid met Sjina op die koop toe.
Hierdie twee moondhede vorm natuurlike bondgenote en die afgelope ruk het ons juis gehoor hoe die VSA Sjina tart in die Taiwannese See.
Het ons werklik ‘n Derde Wêreld Oorlog nodig?
Rusland het geen aanspraak op enige van daardie oosblok lande wat hy voorheen met dwang onderwerp het nie. As dit reg is was daar ook niks verkeerd met wat Hitler destyds gedoen het nie. Diktators soos Putin is gevaarlik en sal nie skroom om ń derde wêreld oorlog te begin nie. Die sogenaamde bedreiging vir rusland is net ń verskoning om ander lande te annekseer soos wat hy met die Krim gemaak het. As daar aan sy eise toegegee word sal hy maar net voortgaan om nog eise te stel en nog lande rondom Rusland te gryp en in te lyf.
Weereens praat jy van Kommunistiese Rooi Rusland. Die is n ander regering, onhou jy n sekere muur het geval en Rusland vir ewig verander! Lig jou bietjie in man.
Ek ondersteun baie eerder die Russe voor ek die Amerikaners ondersteun.
Ek kan nie verstaan hoekom die Russe bedreig voel nie? Het hulle nie ook immers westerse waardes nie? Hoekom sluit hulle nie ook sommer by NAVO aan nie dan is almal gelukkig.
Lekker lag ek nou, Rusland is baie meer “vry” as enige EU land, dit sal katastrofies wees…..jy spot seker?
Dis die VSA se regime-verandering operasies wat Irak en Sirie in puin omskep het.
Moenie westerse propaganda glo nie.
Dit klink soos slegte nuus vir almal, veral al die vorige USSR lande, maar soos met Covid gaan die storie almal in die wereld raak, twee jaar terug het ons gedink COVID is in China en net hulle probleem, toe word ons almal baie erg geraak. Hierdie gaan 10X erger wees, want dit gaan ekonomiee beinvloed en lande sal gedwing word om ‘n kant te kies al wil hulle nie. Niemand wen in oorlog nie.